Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Aanbieder ontsteld oor hou op boud
’n Skermgreep van Alex Bozarjian gedurende die voorval.

’n Televisie-aanbieder sê sy voel “verleë” en dat daar "inbreuk op haar privaatheid" gemaak is nadat ’n atleet haar in ’n regstreekse uitsending ’n hou op haar agterstewe gegee het.

Lees ook: Atleet geskors vir hou op boud

The Washington Post berig Alex Bozarjian van WSAV News het by ’n 10 km-wedloop in Savannah, Georgia, langs die pad verslag gedoen toe ’n man haar in die verbyhardloop op haar agterstewe klap.

Beeldmateriaal wys hoe sy duidelik geskok is oor die voorval, terwyl hordes deelnemers verby haar op die Savannah-brug stroom.

Bozarjian het die deelnemer wat haar bygekom het, later op Twitter veroordeel.

“Aan die man wat my vanoggend op regstreekse TV op die boud geklap het: Jy het inbreuk gemaak op my privaatheid, my geobjektiveer en in die verleentheid gestel,” sê sy.

“Geen vrou hoef ooit so iets by die werk of elders te verduur nie! Doen beter.”

Mede-verslaggewers het Bozarjian se boodskap op Twitter ondersteun en die man gekritiseer.

Die Savannah Bridge Run-padwedloop is ’n jaarlikse instelling. Robert Wells, direkteur van die Savannah-sportraad, het belowe om die oortreder op te spoor en teen hom op te tree.

“Wat vandag gebeur het, is 100% onaanvaarbaar. Jy het my versekering dat ons hom sal identifiseer,” sê Wells.

“Dit sal nie by ons byeenkomste geduld word nie. Gelukkig dra ons deelnemers beffies met nommers en daar is foto’s om hulle maklik te identifiseer.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.