Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: 'Iron Mike' Tyson bly maar ’n bielie!

Mike Tyson bly maar ’n ou bielie en Joe Joyce lyk na ’n nuwe breker wat dopgehou moet word.

Twee kaalkoppe baklei tesame: Mike Tyson op die aanval in sy vertoongeveg teen Roy Jones junior. Foto: Getty

Tyson was Sondagoggend (SA-tyd) bra ongelukkig om nie as die wenner van sy vertoongeveg in Los Angeles teen Roy Jones junior aangewys te word nie.

Die voormalige swaargewigkampioen van die wêreld het meestal die pas aangegee, maar moes ná agt twee-minuut-rondes met ’n gelykop-uitslag tevrede wees.

“Alles is seer. Daardie lyfhoue het hul tol geëis,” het ’n blasende Jones (51) agterná aan ESPN gesê.

Tyson (54) het Jones se hand geskud en gesê hy respekteer hom omdat hy tot die einde vasgebyt het en hy het bygevoeg dat hy beslis aan nog vertoongevegte te bate van liefdadigheid wil deelneem.

Die kletsrymer Snoop Dog het agterná op Twitter gesê: “Hierdie *** is soos twee van my ooms wat om die braaivleisvuur baklei”.

Snoop Dog het duidelik tawwe ooms, want Tyson en Jones het altwee gedurende die vertoongeveg flitse van hul voormalige glorie uitgestal.


In Londen het Joe Joyce (35) die nuwe Statebond-swaargewigkampioen geword toe hy Daniel Dubois (23) met ’n uitklophou in die tiende ronde verslaan het.

Dit was ’n indrukwekkende vertoning van Joyce, wat nou onoorwonne is ná 12 gevegte in die beroepskryt.

Hy het Dubois se oog teen die middel van die geveg toegeslaan en Dubois moes ná die geveg hospitaal toe gaan vir behandeling.

Volgens Dubois het hy op sy knie bly sit in die tiende ronde omdat hy nie behoorlik kon sien waar die houe vandaan kom nie.

• Die jarelange heerskappy van Wanheng Menayothin in die strooigewig-afdeling het Vrydag ten einde gekom toe hy in Nakhon Sawan in Thailand teen sy landgenoot Petchmanee CP Freshman verloor het.

Freshman was naelskraap met punte oor 12 rondes baas om die Wêreldboksraad se nuwe kampioen te word.

Menayothin was voor dié geveg vir ’n wêreldrekord 54 gevegte onoorwonne.

In nog ’n geveg Vrydag in Hollywood het Daniel Jacobs met punte teen Gabe Rosado in die afdeling vir middelgewigte gewen.

Meer oor:  Roy Jones Jr.  |  Boks  |  Boksgeveg  |  Mike Tyson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.