Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Tyson Fury se pa wil hê hy moet uittree

John Fury sê sy seun “het niks meer om te bewys nie” en wil hê hy moet uittree nadat hy die afgelope naweek in Las Vegas met Deontay Wilder afgereken het.

John en Tyson Fury. Foto: Getty Images

Tyson Fury het dalk sy beste vertoning nóg in dié dramatiese boksgeveg in die MGM Grand Arena gelewer om die nuwe swaargewigkampioen van die Wêreldboksraad te word.

Eddie Hearn, Anthony Joshua se promotor, wil hê Fury moet teen Joshua boks sodat daar net een swaargewigkampioen in die wêreld kan wees. Joshua is die kampioen van die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksorganisasie en die Internasionale Boksfederasie.

Maar as John sy sin kon kry sou hy verkies dat Tyson enige moontlike lonende aanbiedinge van die hand wys. John sê in ’n onderhoud op Good Morning Britain hy hoop sy seun sal eersdaags sy bokshandskoene as ’n tweemalige swaargewigkampioen bêre.

“Ek wil hê my seun moet nou uittree. Hy het genoeg gedoen. Dit was ’n opdraende stryd vir hom,” sê hy met verwysing na Tyson se deurlopende gesukkel met sy geestesgesondheid en verslawing.

“Ek dink dit (uittrede) is in sy agterkop. Hy kan niks meer bereik nie. Hy het al elke beroepstitel gewen. Genoeg is genoeg. Daar is nou meer aan die lewe. Hy het sy alles gegee.

“Hy het niks meer om te bewys nie. Hy het bewys hy is ’n waardige kampioen van hierdie land.

“Hy is 32 jaar oud. Hy het ’n jong gesin en ek glo sy kinders verdien hul pa. Hy het genoeg gedoen en dit is my mening.”

Tyson het twee gevegte oor op sy multimiljoen-dollar kontrak met die Amerikaanse promotor Top Rank en die uitsaaier ESPN. Hy het voorheen gesê hy sal “ernstig oorweeg om weg te stap” sodra hy sy verpligtinge nagekom het.

John moedig ook sy seun aan om Donald Trump se verrassende uitnodiging te aanvaar om hom in die Withuis te besoek en praat met groot bewondering oor die Amerikaanse president.

“Dit is goed vir ’n Fury, nie waar nie! En ek is ’n groot aanhanger van Donald Trump, dit was sover ’n ongelooflike reis en kyk waar dit eindig. Wat ’n wonderlike punt om halt te roep en Trump in die Withuis te ontmoet,” sê John.

– Sportredaksie

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Boks  |  Donald Trump  |  Tyson Fury  |  Anthony Joshua
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.