Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Vangskoot in paviljoen verstom

’n Bofbal-toeskouer het die standaard gestel vir vangkanse met ’n merkwaardige vangskoot in die paviljoen tydens ’n Amerikaanse MLB-wedstryd.

Die betrokke toeskouer het ’n kragmeting tussen die Atlanta Braves en die Pittsburgh Pirates by SunTrust Park bygewoon toe Ronald Acuna Jr. met sy kolf stelling inneem.

Acuna Jr. het die bal tussen die toeskouers ingeslaan vir ’n boflopie en punte vir sy span, maar dit was die poging in die paviljoen wat kykers se asem weggeslaan het.

“Hei, wat ’n vangskoot!” roep een van die kommentators opgewonde uit.

Die Braves het uiteindelik met 14-7 geseëvier.

– Sportredaksie

Meer oor:  Vangkans  |  Vangskoot  |  Bofbal  |  Mlb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.