Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Visser ‘kon rug gebreek het’

Dit kan ’n paar maande wees voor die Giant King ná sy getuimel uit ’n bokskryt Maandag in Kampsbaai weer in aksie kan wees.

Ruann Visser was veronderstel om sy Suid-Afrikaanse swaargewigtitel teen Tian Fick te verdedig, maar ’n tou het losgegaan toe die Giant King daarteen geleun het voor die eerste ronde.

Visser het uit die kryt geval en die skade is meer ernstig as wat aanvanklik gedink is.

“Ruann was vandag (Dinsdag) by die dokter en behalwe vir die beserings wat hy aan sy linkerknie en lae rug opgedoen het, het ons nou ook die nuus gekry dat hy ’n operasie aan sy linkervoorarm moet ondergaan,” sê Nefdt Visser, die bokser se pa en bestuurder.

Ruann Visser. Foto: Verskaf

Daar is dus ’n kans dat Visser eers weer oor ’n paar maande sal kan boks.

Volgens hom is dit eintlik ’n wonderwerk dat sy seun nie sy rug gebreek het toe hy uit die kryt geval het nie.

“Dink vir jouself wat gebeur wanneer ’n ou van 120 kg uit ’n kryt op sy rug val. Dis nie asof Ruann regtig na iets kon gryp om sy val te keer met sy bokshandskoene aan nie,” sê Visser sr.

Hy sê sy seun is nogal mismoedig, want hy wou bitter graag sy titel teen Fick verdedig het.

Daar was ook promotors van Duitsland by die toernooi in Kampsbaai, wat die Giant King in aksie wou sien met die oog op ’n geveg oorsee.

“Ons sal nou maar kyk hoe speel dinge uit en ons ondersoek ook die moontlikheid van regstappe teen diegene wat vir die kryt verantwoordelik was,” sê Visser sr.

Tian Fick op ’n plakkaat wat die geveg geadverteer het.

Fick is natuurlik net so teleurgesteld.

“Ek het nie woorde nie. Twee jaar (gewag vir die geveg) en dis wat gebeur,” het hy op Facebook geskryf.

“Ek het nooit gedink ek sou so iets sien of in my lewe ervaar nie.”

Volgens Fick was hy “reg om oorlog toe te gaan” en was dit die hardste wat hy nog vir ’n geveg geoefen het.

Hy het ook gesê dat hy nie weet “wat vorentoe wag nie”, maar dit wil voorkom of hy vir eers trouplanne het.

Fick het al voorheen laat deurskemer dat die geveg teen Visser sy laaste sou wees voor hy na Dubai verhuis.


Meer oor:  Kampsbaai  |  Beseer  |  Boks  |  Ruann Visser  |  Tian Fick
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.