Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Yankees se Tanaka deur bal neergevel

Die bofbalspeler Masahiro Tanaka van die New York Yankees is die naweek ernstig beseer toe ’n “kanonskoot” van sy spanmaat hom tydens ’n oefening teen die kop getref het.

Die fris kolwer Giancarlo Stanton het een van Tanaka se aflewerings hard na die gooier teruggeslaan.

Hy kon nie betyds padgee nie en is teen die kant van sy kop getref.

Eina pyn! Masahiro Tanaka hou sy kop vas nadat hy deur ‘n ‘kanonskoot’ getref is. Foto: AP
Mediese personeel en Masahiro Tanaka se Yankee-spanmaats help hom nadat ’n bal hom teen sy kop getref het. Foto: AP

Tanaka het vir ’n hele paar minute bewegingloos op die veld bly lê terwyl, bekommerde spanmaats en die mediese beamptes om hom saamgedrom het.

Die Major League-span het Saterdag in ’n dolleë Yankee-stadion geoefen - sy eerste sessie van die amptelike begin van sy someroefenkamp.

“Dit was skrikwekkend om te aanskou,” het Aaron Boone, die spanbestuurder, agterna gesê.

Tanaka het ná ’n paar minute regop gesit. Hy is hierna deur spanmaats en die mediese personeel van die veld gelei.

Boone sê hy is vir skanderings na die hospitaal geneem en sal na verwagting Sondag ontslaan word.

Die span se protokol vir harsingskudding sal gevolg word en hy sal minstens drie weke buite aksie wees.

Dit is ’n fratsongeluk. Een uit ’n miljoen kans dat dit kan gebeur, maar dis aaklig om te aanskou.
Jordan Montgomerie

“Dit is ’n fratsongeluk. Een uit ’n miljoen kans dat dit kan gebeur, maar dis aaklig om te aanskou” sê Jordan Montgomery, wat Tanaka as gooier vervang het.

Boone het ook aangekondig dat DJ LeMahieu en Luis Cessa, twee spelers van die span, voor hul vertrek na New York positief vir die koronavirus getoets is. Hulle is nou in selfisolasie. - Reuters

Meer oor:  New York  |  Harsingskudding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.