Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Laaste kans om regmerkie by Norma te kry

Enkele plekke in Suid-Afrika se netbalgroep vir die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool is die naweek op die spel.

Die spanning loop hoog met die uitverkore 12-tal wat Woensdag bekend gemaak sal word.

’n Groep van 20 is onlangs ná ’n oefenkamp in Pretoria aangewys en daar kan nou net uit dié groep gekies word.

Jeanette Vermeulen van die Fireballs. Foto: Backpagepix

Die agt Proteas wat hul sport oorsee beoefen, vaar almal goed en hul insluiting in die WB-groep is ’n uitgemaakte saak.

Jeanette Vermeulen van die Golden Fireballs was ’n laat insluiting in die groep. Sy vervang Danelle Lochner (doel), wat ’n kniebesering opgedoen het.

Vir haar en ’n paar ander wat aan die Nasionale Liga deelneem, is daar dus nog baie om voor te speel wanneer die tweede ronde Vrydag in Pretoria begin.

Norma Plummer, die SA afrigter, kry video’s van al die wedstryde.

Enkele aanspraakmakers speel vir hul eie streekspanne, omdat daar nie vir almal in die Smileys-span plek gemaak kan word nie.

Die Smileys is die Proteas wat in Suid-Afrika speel.

Precious Mthembu (Kingdom Stars) en Izette Griesel (Smileys) het eers onlangs weer begin speel ná beserings.

Renske Stoltz (hulpdoel) was verlede Saterdag die Speler van die Wedstryd in die Smileys se wedstryd teen die Stings.

Marlize de Bruin van die Jaguars. Foto: Backpagepix

Marlize de Bruin het die aandag getrek met haar spel op senter én haar leierskap van die Noord-Gautengse Jaguars.

Suid-Afrika het egter ’n oorvloed senterbaanspelers.

In die algemeen was die standaard van die eerste naweek van die liga nie besonder hoog nie, met veral die intensiteit en spoed wat kortgekom het.

Die Jaguars is die vroeë voorlopers, met vier punte ná twee oorwinnings en een nederlaag. Die Crinums het net een wedstryd gespeel en het twee punte.

Daar is dus groot belangstelling in Vrydagaand se wedstryd tussen dié twee spanne.

Die Jaguars, die verdedigende kampioenspan, moet ook Saterdag die Flames van Noordwes die stryd aansê.

* Die Protea-verdediger Karla Pretorius, wat vir die Sunshine Coast Lightning speel, het verlede naweek die eerste speler geword om 100 onderskeppings in die Australiese Superliga te behaal (oor al die seisoene).

SA groep: Erin Burger, Sigrid Burger, Khanyisa Chawane, Izette Griesel, Romé Dreyer, Marlize de Bruin, Maryka Holtzhausen, Jessica Khomo, Phumza Maweni, Tshina Mdau, Bongiwe Msomi, Precious Mthembu, Lenize Potgieter, Karla Pretorius, Monique Reyneke, Renske Stoltz, Shadine van der Merwe, Ine-Marí Venter, Jeanette Vermeulen, Zanele Vimbela.

Naweek se program (by Rembrandt-sportsentrum by Tuks): 

Vrydag

14:00: Sunbirds t. Stars

16:00: Stings t. Fireballs (SS 10)

18:00: Baobabs t. Aloes (SS 10)

20:00: Jaguars t. Crinums

Saterdag

11:00: Aloes t. Sunbirds

13:00: Stars t. Diamonds

15:00: Crinums t. Fireballs

17:00: Smileys t. Zimbabwe (SS 11)

19:00: Jaguars t. Flames (SS 11)

Sondag

9:30: Baobabs t. Diamonds (SS 11)

11:30: Flames t. Fireballs (SS 11)

13:30: Stings t. Crinums

15:30: Zimbabwe t. President-manspan.

Meer oor:  Netbal  |  Proteas  |  Nasionale Netballiga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.