Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lance Armstrong nie spyt oor lesse

Hulle het alles gedoen om te wen en daarom is hy oor niks spyt nie, sê Lance Armstrong.

Lance Armstrong toe hy die Tour de France in 2000 gewen het. Foto: Getty Images

Die 47-jarige onteerde voormalige Amerikaanse fietsryer is van sy sewe Tour de France-titels, wat hy tussen 1999 en 2005 gewen het, gestroop nadat dit bekend geword het dat hy opkikkers gebruik het.

Armstrong gesels in ’n onderhoud getiteld Lance Armstrong: Next Stage, wat aanstaande week op die Amerikaanse televisiekanaal NBCSN uitgesaai word, oor sy loopbaan en die keuses wat hy gemaak het.

“Ons het gedoen wat ons gedoen het om te wen. Dit was onwettig, maar ek sal niks anders wil hê nie. Of dit nou is om ’n hoop geld te verloor, of om van ’n held na ’n nikswerd te gaan,” sê Armstrong.

Lance Armstrong op ’n gholfbaan in Maart 2019 in Texas. Foto: Getty Image

Dié boorling van Texas het die wêreld se verbeelding aangegryp nadat kanker in 1996 by hom gediagnoseer is en hy in 1998 ’n terugkeer tot fietsry gemaak het.

Fietsry se beeld het ’n ernstige knou gekry toe Armstrong in 2012 lewenslank geskors en van sy Tour-titels gestroop is nadat hy in ’n onderhoud met Oprah Winfrey erken het dat hy verbode middels gebruik het.

“Ek sal nie ’n enkele ding verander nie en ook nie die manier waarop ek opgetree het nie. Ek bedoel ek sou, maar dit is ’n langer antwoord.

“Basies sou ek nie die lesse wou verander wat ek geleer het nie. Ek sou nie die lesse geleer het as ek nie so opgetree het nie. Ek sou nie ondersoek en geskors gewees het, as ek nie opgetree het soos wat ek het nie,” sê Armstrong.

“As ek net verbode middels gebruik het sonder om ’n woord te rep, sou niks daarvan gebeur het nie. Niks daarvan nie. Ek het hulle gesmeek en gevra om my te vervolg. Ek was ’n maklike teiken.” – Reuters

Meer oor:  Tour De France  |  Texas  |  Opkikkers  |  Fietsry  |  Lance Armstrong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.