Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lance erken opkikker-gebruik op 21

Die gevalle fietsryster Lance Armstrong sê hy het op 21-jarige ouderdom in sy eerste seisoen as ’n beroepsportman begin opkikkers gebruik.

Lance Armstrong is in 2012 lewenslank uit fietsry geskors. Foto: Getty Images

Die 48-jarige Amerikaner maak dié onthulling in ’n ESPN- dokumentêre program getiteld Lance, wat in twee dele op 24 en 31 Mei in die VSA gebeeldsend word. Dit volg kort op die hakke van die uitsaaier se trefferreeks The Last Dance, wat oor die NBA-legende Michael Jordan handel.

’n Lokprent van 90 sekondes wys Armstrong, ’n sewemalige Tour de France-kampioen wat in 2012 weens die gebruik van verbode middels van al sy titels gestroop en lewenslank geskors is, wat deur die Amerikaanse joernalis Marina Zenovich ondervra word.

“Jitte, reguit tot die punt, waarskynlik 21,” is Armstrong se reaksie op die vraag oor hoe oud hy was toe hy vir die eerste keer opkikkers gebruik het.

“Daar is verskeie maniere om opkikkergebruik te definieer. Die maklikste definisie is dat dit die reëls oortree.

“Het ons vitamine-inspuitings en ander soortgelyke dinge op ’n jonger ouderdom ontvang? Ja, maar dit was nie onwettig nie.

“Ek het altyd gevra (wat ek toegedien word). Ek het altyd geweet en ek het altyd die besluit op my eie geneem.

“Niemand het gesê ‘moenie vra nie, hierdie is wat jy kry’. Ek sou dit nooit ooit aanvaar het nie. Ek het myself ingelig oor wat ek toegedien word en ek het gekies om dit te doen.”

Armstrong wonder ook of die gebruik van opkikkers gelei het tot sy testikelkanker.

“Weet jy, ek ken nie die antwoord nie. Ek wil nie nee sê nie, want ek dink ook nie dit sal reg wees nie. Ek weet nie of dit ja of nee is nie, maar ek sal vir seker nie nee sê nie.

“Die enigste ding wat ek jou sal vertel, die enigste keer in my lewe wat ek groeihormone ingeneem het, was in die 1996-seisoen.

“Ek het by myself gedink: ‘Groei . . . groeihormone en selle, soos . . . as enigiets wat goed is, moet groei, sal dit’. Maar maak dit nie ook sin dat as enigiets nadelig daar is, dit ook sou groei nie?”

cyclingweekly.com

Meer oor:  Verbode Middels  |  Opkikkers  |  Fietsry  |  Lance Armstrong  |  Espn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.