Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lance uitgenooi na Tour of Flanders

Die gevalle fietsryheld Lance Armstrong is op omstrede wyse uitgenooi na volgende jaar se Tour of Flanders in België.

Lance Armstrong is in 2012 lewenslank uit fietsry geskors. Foto: Getty Images

Armstrong is van sy rekord sewe Tour de France-titels wat hy tussen 1999 en 2005 gewen het, gestroop weens die gebruik van verbode middels in ’n skandaal wat die sport groot skade berokken het.

Maar Bicycling.com berig die organiseerders van die roemryke “Monument”-fietsren sê die 46-jarige Amerikaner sal ’n gasspreker wees by die Tour of Flanders-sakeakademie voor die begin van dié Belgiese resies op 1 April.

“Lance Armstrong is verheug daaroor om Vlaandere te besoek, sy storie te vertel en sy gunsteling-eendagren regstreeks te beleef,” sê die organiseerder, Wouter Vandenhaute.

“Vir hom is dit ook ’n terugkeer na fietsry en wat my betref, is hy baie welkom!

“Lance Armstrong is en bly ’n wonderlike kampioen. Ek voel nou al vir jare dat hy tot groot mate vir sy arrogansie gestraf is.

“Ek het Lance Armstrong in Oktober in Washington ontmoet en hom as ’n opregte persoon beleef wat vrede gemaak het met sy lot.”

Die Internasionale Fietsryunie (UCI) het geweier om kommentaar te lewer oor Armstrong se moontlike terugkeer na die sport.

Armstrong is grootliks deur die fietsrywêreld opsy gestoot sedert sy opkikkergebruik aan die lig gekom het. Die Amerikaanse agentskap teen die gebruik van verbode middels (Usada) het hom in 2012 lewenslank geskors.

Nadat hy die aantygings vir jare lank ontken het, het Armstrong in 2013 in ’n TV-onderhoud met Oprah Winfrey erken dat hy opkikkers gebruik het.

Hy het na die openbare oog teruggekeer by vanjaar se Tour de France waar hy sy oor sy perspektief van die ren gepraat het in ’n daaglikse aanlyn uitsending getiteld Stages.

Maar Armstrong het toe erken daar sal vir altyd diegene wees wat hom enige rol in fietsry sal ontsê.

“Ek baklei nie daarteen nie,” het Armstrong in Julie gesê.

“Vir my om aan te beweeg, moet ek sê, ‘Ek is jammer, ek verstaan, maar ek beweeg aan’.” 

– Sportredaksie

Meer oor:  Tour Of Flanders  |  Fietsry  |  Lance Armstrong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.