Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vegas-casino nou die hart van bokswêreld

Die MGM Grand Casino in Las Vegas in die Amerikaanse staat Nevada is vinnig besig om hom as die tydelike mekka van boks te vestig.

Antonio DeMarco boks Woensdagoggend (SA tyd) in Las Vegas teen Giovani Santillan. Foto: Getty Images

Met die meeste lande wat nog versigtig is om bokstoernooie aan te bied, het die MGM Grand verlede week reeds twee toernooie op sy kerfstok gekry.

As alles volgens plan verloop, sal daar voor die einde van die maand nog vyf geslote mini-toernooie in die “bioborrel” by dié casino aangebied word.

Die volgende een word Woensdagoggend (SA tyd) gehou, wanneer daar drie gevegte op die program is.

Joshua Greer pak Mike Plania in die afdeling vir super-kapokgewigte, Antonio DeMarco en Giovani Santillan kom in die afdeling vir weltergewigte teen mekaar te staan en die super-middelgewigte Jonathan Esquivel en Dormedes Potes pak mekaar.

Donderdag is daar weer twee gevegte wanneer die super-liggewigte Jose Pedraza en Mikkel LesPierre en die liggewigte Gabriel Flores en Josec Ruiz mekaar die stryd aansê.

Dan volg daar toernooie op Dinsdag 23 Junie, Donderdag 25 Junie en Dinsdag 30 Junie.

Jonathan Oquendo (links) hier in aksie teen Lamont Roach, sal vroeg in Julie ook in die Bubble by die MGM Grand Casino in Las Vegas in aksie wees. Foto: Getty Images

Daar word ook ’n toernooi vir Donderdag 2 Julie by dié casino beplan.

Daar word Saterdag ook ’n toernooi in Mexikostad gehou, wat heelwat belangstelling wek.

In die hoofgeveg verdedig Patrick Teixeira sy junior middelgewigtitel teen Brian Carlos Castano.

Op Saterdag 11 Julie begin die vuiste ook in Engeland klap, wanneer die swaargewigte Joe Joyce en Daniel Dubois mekaar in die O2-arena in Londen pak.

Later op Saterdag 25 Julie kom die weltergewigte Thomas Dulorme en Jamal James in Los Angeles teen mekaar te staan.

Meer oor:  Las Vegas  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.