Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
LeBron James niemand se speelbal

Die Amerikaanse basketbalster LeBron James gaan nie ’n boodskap oor sosiale geregtigheid op sy rug dra wanneer die NBA-seisoen weer begin nie.

LeBron James sê hy hoef nie boodskappe op sy frokkie te dra nie. Foto: Getty Images

“Dit is nie vir my nodig om iets op my rug te dra sodat mense my missie kan verstaan of weet wat ek doen nie,” sê James, wat vir die Los Angeles Lakers speel.

Die Lakers hervat hul seisoen op 30 Julie in die ESPN Wide World of Sports-kompleks naby Orlando, Florida, teen die Los Angeles Clippers.

Die NBA gaan spelers toelaat om pleks van hul name ’n boodskap agter op hul frokkies te dra.

James het die lys van goedgekeurde frases deurgegaan en het glo niks gesien waarvan hy hou nie.

“Dis nie uit disrespek teen die lys nie. Ek loof elkeen wat besluit om iets op sy frokkie te dra. Dit is net nie iets wat ernstig resoneer met my eie doelwitte nie,” sê James.

Onder die frases wat deur die NBA goedgekeur is, tel: “Black Lives Matter”; “Say Their Names”; “I Can’t Breathe”; en “Respect Us”. – Reuters, Field Level Media

Meer oor:  Basketbal  |  Orlando  |  Nba  |  Lebron James
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.