Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Leclerc wil in ‘verkeerde rigting’ jaag

Ferrari se Formule Een-renjaer Charles Leclerc hou van die idee om in die “verkeerde rigting” te jaag wanneer die Covid-19-inperking tot ’n einde kom.

Sebastian Vettel sukkel om sy Ferrari op die baan te hou tydens verlede jaar se Britse Grand Prix op Silverstone. Foto: Getty Images

Die sport oorweeg tans verskeie opsies om sy seisoen, wat weens die virus-pandemie nog nie kon wegspring nie, te red.

Een van die planne is om op ’n paar Europese renbane te jaag sonder toeskouers, met dié bane wat meer as een Grand Prix kan aanbied.

Die Britse renbaan Silverstone word genoem as een wat agtereenvolgende wedrenne kan aanbied. Die eerste naweek sal die deelnemers soos gebruiklik om die baan jaag en dan die volgende naweek teenkloksgewys.

Leclerc wat in ’n woonstel in Monaco ingeperk is, waar hy sy kitaar tokkel, klavier speel, e-sport-wedrenne wen en ook die basiese vaardighede van kookkuns leer, sê hy hou van die Silverstone-plan.

“Ek het al voorheen wedrenne gesien waar die verkeerde kant om gejaag word. Dit sal baie, baie ‘cool’ wees,” sê hy.

“Ons sal die baan heeltemal van voor af moet leer ken. Ek het so iets al gedoen toe ek nog in knortjorre gejaag het. Ek dink dit sal baie opwindend op ’n baan soos Silverstone wees, waar jy so blitsig by Beckets sal aankom en dan Magotts,” het Leclerc met verwysing na twee bekende draaie op dié roemryke renbaan gesê.

Silverstone se uitvoerende hoof, Stuart Pringle, het gesê die idee is nie so vergesog nie, maar glo daar is miskien net te veel haakplekke.

“Bitter min renbane is geskik dat jaers in albei rigtings kan jaag en Silverstone is nie ’n uitsondering nie,” sê Pringle.

“Al die belangrike veiligheidsaspekte is opgestel vir die jaers om kloksgewys te jaag. Daar is wel genoeg ruimte om afleigebiede te skep, maar daar is nie die nodige tyd of in die huidige klimaat die kapasiteit om dit te kan doen nie.”

Gevra oor sy mening om meer as een wedren by dieselfde baan te hou gegewe dat sekere motors meer geskik is vir sekere renbane, glo Leclerc dat in buitengewone tye buitengewone maatreëls nodig is.

“Ons kan altyd oor regverdigheid stry, maar op die oomblik moet ons probeer om die meeste te maak van ’n moeilike situasie,” sê Leclerc. – Reuters

Meer oor:  F1  |  Koronavirus  |  Charles Leclerc  |  Silverstone  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.