Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Legendariese Rossi prys SA se Binder en KTM

Die voormalige MotoGP-wêreldkampioen Valentino Rossi glo KTM kan vanjaar ’n aanspraakmaker op die wêreldtitel wees en sê Brad Binder se oorwinning in die Tsjeggiese Republiek Grand Prix verlede naweek wys net hoe ver dié span gevorder het.

Brad Binder het heelwat rede tot vreugde nadat hy verlede week, in sy groentjiejaar op MotoGP-vlak, reeds sy eerste oorwinning behaal het. Foto: Getty Images

Die 25-jarige Binder het Sondag sy eerste MotoGP oorwinning in Brno behaal. Dit was slegs sy derde wedren op dié vlak.

Die KTM-span kon twee jaers op die podium gehad het as die Suid-Afrikaner se spanmaat Pol Espargaró nie in ’n ongeluk betrokke was nie.

Rossi, ’n legende van die sport wat tans vir Yamaha ry, is Donderdag in ’n virtuele onderhoud voor Sondag se Oostenrykse Grand Prix gevra of KTM die kampioenskap kan wen.

“Ja, waarom nie? Die wyse waarop hulle sedert verlede jaar verbeter het, is indrukwekkend,” sê die sewemalige MotoGP-wêreldkampioen.

Die oorwinning in Brno was KTM se eerste een sedert dié span sy voltydse debuut in 2017 gemaak het.

“KTM het baie moeite in sy MotoGP-program ingesit. Hy was reeds by Jerez (in Spanje) mededingend en as Pol nie in ’n ongeluk betrokke was nie, dink ek hulle kon eerste en tweede in Brno geëindig het,” sê Rossi.

“Hulle is baie sterk en kan dalk as die gunstelinge hier (in Oostenryk) beskou word. Hulle het minstens drie jaers wat goed op dreef is, so hulle kan beslis om die kampioenskap baklei.”

Binder het intussen gesê hy is gretig om hierdie naweek op die baan te kom. Daar word reën voorspel, maar dit pla hom nie.

“Vreemd genoeg sien ek daarna uit. Dit sal lekker wees om weer in reënerige toestande te jaag,” sê die opkomende Suid-Afrikaanse ster.

“Ek wil weer van vooraf begin en toepas wat in vorige naweke vir my gewerk het.” – Reuters

• Sondag se Oostenrykse MotoGP-wedren word om 13:55 (SA tyd) regstreeks op SS 5 uitgesaai.

Meer oor:  Ktm  |  Valentino Rossi  |  Motogp  |  Brad Binder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.