Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lerena sal wel (later) ’n titelkans kry

Kevin Lerena sal glo wel sy kans kry om vir die Wêreldboksraad (WBR) se bridgergewigtitel te boks, hy sal net ’n bietjie moet wag.

Kevin Lerena kan voor die einde van vanjaar vir die WBR se bridgergewigtitel boks. Foto: Gallo Images

Die WBR het onlangs tot Lerena se ontsteltenis aangekondig dat Oscar Rivas van Colombia en Bryant Jennings van Amerika op 18 Junie vir die nuwe gewigsafdeling se titel gaan baklei.

Natuurlik moes dit Lerena gewees het wat teen Rivas moes boks, want hy is ná Rivas nommer twee op die ranglys met Jennings nommer drie.

Maar nou ja, die boksowerhede het hul eie manier van dinge doen en om die een of ander rede moet Rivas en Jennings weer teen mekaar boks.

Weer? Inderdaad, ja. Hulle het in Januarie 2019 as swaargewigte teen mekaar geboks met Rivas wat toe met ’n tegniese uitklophou in die 12de ronde gewen het.

Jennings het daarná ook met punte teen Joe Joyce verloor, so ’n mens wonder waarom hy nou juis ’n titelkans moes kry.

Oscar Rivas (links) se enigste nederlaag in 28 beroepsgevegte was teen die hoogaangeskrewe Brit Dillian Whyte. Hier het hy Whyte in die negende ronde van hul geveg in 2019 platgeslaan, maar Whyte het opgestaan om met punte te wen. Foto: Getty Images

Die 36-jarige veteraan was op sy dag ’n heel goeie bokser, maar oortuigende nederlae teen manne soos Wladimir Klitschko en Luis Ortiz het hul tol geëis.

Gelukkig vir Lerena het die WBR hom nou laat weet dat hy binne 90 dae ná die geveg tussen Rivas en Jennings teen die wenner ’n kans moet kry.

Dis goed en wel, maar Lerena was self in Desember 2020 laas in die kryt toe hy Patrick Ferguson van Amerika met ’n tegniese uitklophou verslaan het. Die man kort dringend ’n opwarmingsgeveg voordat hy heel waarskynlik teen die gedugte Rivas te staan gaan kom.

Daar was nou al ’n paar keer sprake van gevegte vir Lerena, maar met die gewag vir die WBR om besluite te neem, het daar niks van gekom nie. Nou sal Lerena egter op die een of ander manier die roes moet probeer afskud.

Hy sal waarskynlik binnekort van sy Internasionale boksorganisasie (IBO) junior swaargewigtitel afstand doen omdat hy nou in die swaarder gewigsafdeling gaan baklei.

Kyk hier hoe slaan Oscar Rivas vir Kevin Bryant in hul vorige geveg deurmekaar

Meer oor:  Boks  |  Kevin Lerena
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.