Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis bo ná groot drama in Bahrein

Lewis Hamilton (Mercedes) het Sondag die 95ste Formule Een-sege van sy loopbaan behaal toe hy bo was in ’n dramatiese Grand Prix in Bahrein.

Lewis Hamilton ná sy sege in Bahrein. Foto: Reuters

Die ren is kort ná die wegspring vir langer as 90 minute gestaak nadat Romain Grosjean (Haas) teen ’n veiligheidsreling vasgejaag, sy motor in twee geskeur en in vlamme uitgebars het.

Met die vlamme wat om hom gewoed het, het Grosjean uit die wrak en oor die reling geklim. Hy is hospitaal toe geneem waar hy vir brandwonde en moontlik gebreekte ribbes behandel word.

Lees ook: Grosjean oorleef gru-ongeluk in Bahrein

Nadat die ren hervat is, het Lance Stroll (Racing Point) se motor omgeslaan en moes hy onder die wrak uitkruip.

Asof dit nie genoeg was nie, het Sergio Pérez (Racing Point) se motor kort voor die einde ook aan die brand geslaan, maar is die vlamme gou geblus.

Die veiligheidsmotor is weer ontplooi en dis hoe die jaers, byna in gelid, oor die eindstreep gery het.

Max Verstappen (Red Bull) was tweede en Alexander Albon (Red Bull) derde. – Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Bahreinse Grand Prix  |  Romain Grosjean  |  Formule Een
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.