Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis Hamilton beklink 6de wêreldtitel
Lewis Hamilton
Die Brit Lewis Hamilton nadat hy sy sesde Formule Een-wêreldtitel beklink het. Foto: USA TODAY Sports

Lewis Hamilton het Sondag in Austin, Texas, sy sesde Formule Een-wêreldtitel beklink met 'n tweede plek in die Amerikaanse Grand Prix.

Daarmee het Hamilton die tweede mees suksesvolle Formule Een-jaer van alle tye geword. Hy het nou een titel minder as die sewe van Michael Schumacher verower.

Die Mercedes-jaer se spanmaat, Valtteri Bottas, het eerste geëindig. Dit was die Fin se vierde sege dié seisoen en sy sewende Grand Prix-oorwinning van sy loopbaan. 

"Dit is op hierdie oomblik moeilik om te verstaan wat ek voel," het Hamilton gesê nadat hy tweede in Austin geëindig het om 'n onaanvegbare voorsprong te neem met net twee wedrenne oor in vanjaar se kampioenskapsreeks. Hy het die wêreldtitel ook in 2008, 2014, 2015, 2017 en 2018 gewen.

"Die sewende hemel kom nie eens naby aan waar ek is nie. Dit is iewers ver bo dit," het die 34-jarige renjaer gesê.

Hamilton se pa, ma, stiefouers en oom en tante, wat van Trinidad af na die VSA gevlieg het, was by om in sy groot oomblik te deel.

"Dit is natuurlik net pure blydskap. Ek voel meer nederig as ooit... my pa se glimlag sê dit alles. Hy het my van die eerste dag af ondersteun, soos wat Linda (sy stiefma) en my ma ook gedoen het," het Hamilton gesê.

"Hulle het so hard gewerk sodat ek vandag hier kan wees, so ek wou hê hulle moes saam hierheen kom.

"Dit was 'n moeilike wedren vandag en gister was ook 'n moeilike dag vir ons. Valtteri het goed gedoen, so geluk aan hom."

"Toe ek ses of sewe jaar oud was het my pa vir my gesê om nooit op te gee nie, en dit is soort van die familieleuse. Ek het so hard gedruk as wat ek kon en het gehoop dat ek vandag kon wen, maar die bande kon dit nie doen nie."

Max Verstappen van Red Bull het derde in Austin geëindig. - Formula1.com, BBC, Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.