Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis Hamilton toets positief vir Covid-19

Lewis Hamilton is positief getoets vir Covid-19 en sal die komende naweek se Sakhir-Grand Prix misloop.

Lewis Hamilton het Covid-19 opgedoen. Foto: Getty Images

SkySports berig die Brit, wat onlangs sy sewende Formule Een-wêreldtitel beklink het, is in kwarantyn en sal nie in Sondag se wedren in Bahrein meeding nie.

Hamilton het Maandag “ligte simptome” gehad en is die derde F1-renjaer wat hierdie seisoen positief vir die koronavirus getoets is. Sergio Perez en Lance Stroll is die ander twee.

Mercedes sê in ’n verklaring: “Die Mercedes-AMG Petronas F1-span moet ongelukkig bevestig dat Lewis Hamilton positief vir die koronavirus getoets is en nie in staat gaan wees om aan die naweek se Sakhir GP deel te neem nie.

“Lewis is verlede week op drie geleenthede getoets en die uitslae was elke slag negatief.

“Hy het egter Maandagoggend wakker geword met ligte simptome en is terselfdertyd ingelig dat hy voor sy aankoms in Bahrein in kontak was met iemand wat besmet is. Hy het weer ’n toets ondergaan en die uitslag was positief.

“Lewis is nou in selfisolasie en ons sal mettertyd bekend maak wie hom in die naweek se wedren sal vervang.”

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Koronavirus  |  Mercedes  |  Motorsport  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.