Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis Hamilton veg steeds vir klimaat
Lewis Hamilton het Maandag in Berlyn by die Laureus-toekennings die kans gekry om hand te skud met die Springbokheld Cheslin Kolbe. Foto: Getty Images

Lewis Hamilton, die sesmalige Formule Een-wêreldkampioen, het belowe om die leiding te neem in die stryd teen klimaatsverandering nadat hy Maandagaand as die gesamentlike wenner van die Laureus Wêreld Sportman van die Jaar aangewys is.

Hamilton deel die toekenning met die Argentynse sokkerster Lionel Messi nadat hulle ewe veel stemme van sportjoernaliste gekry het.

Hamilton het in 2019 sy private straler verkoop en het sy begeerte uitgespreek om koolstof-neutraal te word ten spyte van beskuldigings dat hy ’n hipokraat is.

“Ek is baie bewus van die effek wat ons almal op die omgewing het. Ek het begin om veranderinge te maak en probeer om deel van die oplossing eerder as die probleem te wees,” sê Hamilton.

“Ek wil probeer om mense aan te moedig om in my voetspore te volg en om te probeer om ’n beter wêreld te skep.”

Hamilton sal Michael Schumacher se rekord van sewe wêreldtitels ewenaar as hy sy wêreldtitel in die komende Formule Een-seisoen, wat in Maart in Australië begin, kan behou.

– Team Talk

Meer oor:  F1  |  Klimaatsverandering  |  Lewis Hamilton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.