Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis is nou beste renjaer ooit
Lewis HamiltonFoto: Reuters

Die Brit Lewis Hamilton het Sondag Formule Een se mees suksesvolste renjaer geword toe hy die Turkse Grand Prix in Istanbul gewen het.

Hy het met die oorwinning ’n sewende wêreldkampioenskapstitel gewen.

Die 35-jarige renjaer van Mercedes het die Ferrari-legende Michael Schumacher se sewe titels geëwenaar. Hy het in styl gewen en sy spanmaat Valtteri Bottas selfs met een rondte geklop.

Die Fin het ’n nagmerrie-wedren beleef.

Hamilton het reeds meer wedrenne gewen, die eerste plek op die wegspringrooster beklee en meer kere as enige ander jaer in die geskiedenis op die podium gestaan.

Sergio Perez (Racing Point) en Ferrari se Sebastian Vettel het onderskeidelik tweede en derde geëindig.

Hamilton het die 94ste oorwinning van sy loopbaan behaal, drie meer as Schumacher. Hy het dit vermag vanaf die sesde plek op die wegspringrooster.

Hy het ’n meesterklas gelewer en sy renmotor se bande uitstekend bestuur.

Mercedes het vroeër reeds die kampioenskapstitel vir vervaardigters ingepalm – die sewende agtereenvolgende seisoen. – Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.