Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis maak Grand Prix-geskiedenis
Lewis Hamilton tydens sy blitsrondte Saterdag in kwalifisering vir Sondag se Spaanse Grand Prix. Foto: AP

Lewis Hamilton het Saterdag Formule Een-geskiedenis gemaak deur vir die 100ste keer in sy loopbaan sy plek in die voorste wegspringposisie in ’n Grand Prix te bespreek.

Die Brit en sewemalige wêreldkampioen sal Sondag sy Mercedes in die Spaanse GP in die voorste wegspringplek parkeer en hoop om sy oorwinning verlede jaar op dié baan te herhaal.

Hamilton se blitsrondte van 1:16.741 het hom Saterdagmiddag die 100ste keer as voorste wegspringer laat kwalifiseer, die eerste jaer in die geskiedenis van die sport wat dit kan vermag.

Hy het reeds in 2017 Michael Schumacher se rekord van die meeste voorste wegspringplekke verbygesteek toe hy sy 68ste behaal het. Ayrton Senna is derde met 65.

Red Bull se Max Verstappen sal Sondag in die tweede plek in Spanje wegspring. Foto: Getty Images

Die Belgiër Max Verstappen (Red Bull), Hamilton se groot uitdager dié seisoen, sal Sondag skuins agter hom in die tweede plek stelling inneem. Sy beste rondte tydens kwalifisering was Saterdag 0.036 sekondes stadiger.

Die tweede Mercedes, met Valtteri Bottas agter die stuur, is in die derde wegspringplek.

Vrydag se spoedsessies het aan Mercedes behoort, maar Verstappen het Saterdag teruggeslaan en Hamilton se beste tyd met ’n kwart van ’n sekonde geklop om ’n opwindende tyd op die laaste kwalifiserende dag op te stel.

Vir die tweede week agtereenvolgens het Bottas die twee sterkste titel-aanspraakmakers gewaarsku hy gaan nie sonder ’n geveg bes gee nie.

Hy het vroeg ’n blitstyd in die eerste kwalifiserende rondte (Q1) opgestel.

Lando Norris se McLaren het ook indrukwekkend in Q1 gelyk en sy 1:17.821 het die pas aangegee.

In Q2 het die Belg egter voet in die hoek gesit met ’n verbluffende tyd van 1:16.922, 0.220s vinniger as Bottas en Hamilton.

Dit het die vuur gestook in die stryd om die voorste wegspringplek.

Verstappen en Hamilton was op hul stukke in Q3, maar Sergio Perez se Red Bull is in die rondte van die baan af, wat baanbeamptes genoop het om die geel vlag te wys.

Verstappen en Hamilton was op hul stukke in Q3, maar Sergio Perez se Red Bull is in die rondte van die baan af, wat baanbeamptes genoop het om die geel vlag te wys.

Hamilton kon steeds daarna die vinnigste tyd (1:16.741) opstel, met Verstappen 0.036 s agter hom en Bottas derde.

Charles Leclerc (Ferrari) en Esteban Ocon (Alpine) het hulle in orde gevolg.

In die laaste kwalifiserende rondte kon Hamilton nie op sy tyd verbeter nie en met Verstappen se Red Bull wat agter Bottas se Mercedes gestrand was, kon die Belg hom ook nie inkatrol.

Hamilton het derhalwe geskiedenis gemaak met ’n 100ste keer in die voorste wegspringposisie.

Sondag behoort daar ’n stryd soos min tussen Mercedes en Red Bull se twee ysters te wees. - TeamTalk

Op die wegspringrooster:
1. Lewis Hamilton (Mercedes) 1:16.741; 2. Max Verstappen (Red Bull) +0.036 s; 3. Valtteri Bottas (Mercedes) +0.132 s; 4. Charles Leclerc (Ferrari) +0.769 s; 5. Esteban Ocon (Alpine) +0.839 s; 6. Carlos Sainz (Ferrari) +0.879 s; 7. Daniel Ricciardo (McLaren) +0.881 s; 8. Sergio Perez (Red Bull) +0.960 s; 9. Lando Norris (McLaren) +1.269 s; 10. Fernando Alonso (Alpine) +1.406 s; 11. Lance Stroll (Aston Martin) +1:17.974; 12. Pierre Gasly (AlphaTauri) +1:17.982; 13. Sebastian Vettel (Aston Martin) +1:18.079; 14. Antonio Giovinazzi (Alfa Romeo Racing) +1:18.356; 15. George Russell (Williams) +1:19.154; 16. Yuki Tsunoda (AlphaTauri) +1:18.556; 17. Kimi Raikkonen (Alfa Romeo Racing) +1:18.917; 18. Mick Schumacher (Haas) +1:19.117; 19. Nicholas Latifi (Williams) +1:19.219; 20. Nikita Mazepin (Haas) +1:19.807.

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Max Verstappen  |  Brittanje  |  Spanje  |  Geskiedenis  |  Mercedes  |  Kwalifisering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.