Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis se lewe 'leeg' voor hy veganis word

Die aarde is in ’n gemors en sy lewe het geen betekenis gehad voordat hy ’n veganis geword het nie.

Só het die 34-jarige Formule Een-wêreldkampioen Lewis Hamilton Dinsdag gesê.

Lewis Hamilton. Foto: Getty Images

Die Brit het meer as 13 miljoen volgelinge op Instagram en het feitlik ’n massahisterie veroorsaak toe hy in ’n reeks plasings gesê het “dit voel of hy alles wil opgee”.

“Hoekom moet ’n mens moeite doen met iets as die wêreld deurmekaar is en dit lyk of mense nie omgee nie?”

Sy aanhangers was bekommerd oor sy geestestoestand en het ondersteunende boodskappe geplaas.

Hy het later verduidelik hy praat oor die omgewing en wil hê mense moet veganiste word.

Hy sê dit het hom 32 jaar geneem om die impak van alles op die aarde te verstaan.

“Ek is hartseer as ek dink waarheen die wêreld op pad is.

“Die uitwissing van ons geslag lyk al hoe meer moontlik omdat ons ons bronne oorbenut. Die wêreld is deurmekaar. Wêreldleiers is onkundig of hulle gee glad nie om vir die omgewing nie.”

Hamilton sê hy wil hê sy lewe moet iets beteken, en eerlikwaar tot nou toe “het dit geen betekenis gehad nie”.

Hamilton het twee jaar gelede ’n veganis geword en onlangs ’n aandeelhouer geword in ’n reeks veganiese burgerrestaurante.

Hoewel hy vanjaar sy private straler verkoop het, plaas hy gereeld foto’s van sy luukse supermotors en hy vlieg die wêreld vol.

Sy rykdom word op $500 miljoen beraam.

Hamilton kan volgende naweek in Mexiko sy sesde wêreldtitel wen.

Formule Een sal volgende jaar 22 wedrenne hê, met een in Viëtnam, wat bygevoeg is.

Die organiseerders van Formule Een het ook vandeesweek planne bekend gemaak vir ’n tweede Grand Prix in Amerika in 2021.

Miami kan ’n wedren kry as die plaaslike regering planne goedkeur.

Die voorstel is om ’n baan te bou op die terrein van die Hard Rock-stadion, die tuiste van die Miami Dolphins-voetbalspan.

Dié NFL-span word besit deur die eiendomsmagnaat en miljardêr Stephen Ross.

Volgens The Miami Herald sal Ross die konstruksie van die baan finansier. Dit sal glo sowat $40 miljoen kos.

As dit ’n werklikheid word, sal dit die tweede Grand Prix in Amerika wees naas die een in Austin, Texas. – Reuters

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Grand Prix  |  Formule Een
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.