Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis soek glo salaris van R900 m. by Mercedes

Kontrak-onderhandelinge tussen Lewis Hamilton, die sesmalige Formule Een-wêreldkampioen en sy span, Mercedes, het tot ’n stilstand gekom en Max Verstappen het glo baie hiermee te doen.

Vroeër vandeesmaand het die Italiaanse publikasie Gazzetta dello Sport berig dat Hamilton ingestem het tot ’n nuwe tweejaarkontrak met Mercedes. Die kontrak moes nog net onderteken word.

Lewis Hamilton se toekoms by Mercedes is nog onseker. Foto: Getty Images

Daardie berig het gevolg kort nadat Verstappen ’n nuwe langtermynkontrak (tot die einde van 2023) met Red Bull gesluit het.

Nou, as die gerugte in die F1-kuipe waar is, is Hamilton egter nie meer bereid om Mercedes se oorspronklike kontrakaanbod te aanvaar nie, want hy soek meer geld.

Daar word gegis dat Mercedes se spanbaas, Toto Wolff, probeer het om Verstappen na Mercedes te lok toe daar sprake was dat Hamilton moontlik ná die 2020-seisoen by Ferrari sou aansluit.

Maar met Verstappen wat nou vir lank vas is by Red Bull, het Wolff nie ander opsies vir ’n ster-renjaer in sy span nie en dít gee Hamilton skielik baie meer bedingingsmag.

Die Spaanse dagblad Marca beweer dat Hamilton nie net meer geld by Mercedes soek nie, maar ook ’n vierjaar- pleks van ’n tweejaarkontrak.

Dié publikasie sê die 35-jarige Hamilton dring aan op ’n salaris van €55 miljoen per jaar (sowat R881 miljoen), terwyl hy tans €42 miljoen (R672 miljoen) per jaar verdien.

Daar is glo ook ander klousules in die kontrak wat probleme skep, soos Mercedes se aandrang dat Hamilton ná die einde van sy F1-loopbaan as “ambassadeur” vir die Duitse vervaardiger sal bly optree.

Met Ferrari wat nog nie besluit het oor die toekoms van Sebastian Vettel nie, sal Mercedes vinnig dié haakplekke moet uitstryk as hy sy Britse ster nie aan die Italiaanse span wil afstaan nie. 

– TeamTalk

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Mercedes  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.