Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lewis steeds die koning van Formule Een
Lewis Hamilton (Mercedes) ná sy sege in Bahrein se F1-ren. Foto: AP

Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton (Mercedes) is nie van plan om sy Formule Een-kroon weg te gee nie.

Dit het hy Sondag in Bahrein gewys toe hy die eerste ren in vanjaar se Formule Een-kampioenskapsreeks op meesterlike wyse voor die neus van die 23-jarige Max Verstappen (Red Bull) weggeraap het.

Hamilton se Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, was derde, gevolg deur Lando Norris (McLaren) Sergio Perez (Red Bull) en Charles Leclerc (Ferrari).

Verstappen het Hamilton met slegs vier rondtes oor ingehaal en verbygesteek, maar die wedrendirekteur, Michael Masi, het Verstappen beveel om terug te sak en Hamilton weer te laat verbykom, aangesien ’n deel van sy motor van die baan was toe hy Hamilton verbygesteek het.

Wow, dit was een van die moeilikste renne (die afgelope paar jaar),” het Hamilton op die podium gesê.

Ons het geweet dat dit moeilik sou wees om voor te bly nadat ons so vroeg bande omgeruil het. Ek het net genoeg gedoen om voor te bly. Ek hou baie van ’n uitdaging.
Lewis Hamilton

“Ons het geweet dat dit moeilik sou wees om voor te bly nadat ons so vroeg bande omgeruil het. Ek het net genoeg gedoen om voor te bly. Ek hou baie van ’n uitdaging.”

Verstappen het gesê dat dit ’n groot teleurstelling was, maar dat hy en die span in sy noppies is met die punte wat die span verower het.

Die ren is reeds in die vierde draai van die eerste rondte ontwrig toe die nuweling-Rus, Nikita Mazepin (Haas) ’n ongeluk gemaak het en die veiligheidsmotor ontplooi moes word.

Die Nederlandse renjaer Max Verstappen sal nog tot die einde van 2023 met die Red Bull-kenteken op sy valhelm en renjaerspak jaag. Foto: Getty Images

Verstappen, wat eerste weggespring het, was toe voor, gevolg deur Hamilton.

• Fernando Alonso (Alpinie) kon in sy terugkeerren nie klaarmaak nie, terwyl Mick Schumacher (Haas) seun van Michael Schumacher, laaste (16de) geëindig het.

Die volgende ren, die Emilia Romagna Grand Prix op Imola, vind oor drie weke plaas.

• In motorfietsrenne het Suid-Afrika se Darryn Binder (Petronas Sprint Racing) derde geëindig in die Moto3-ren in Katar.

Jaume Masia was eerste en Pedro Acosta (albei Red Bull KTM) tweede.

• In die MotoGP het sake nie voorspoedig vir Suid-Afrika se Brand Binder (Red Bull KTM) verloop nie en hy moes met die 14de plek tevrede wees.

Die ren is deur Maverick Vinales (Yamaha) gewen met Johann Zarco (Pramac Racing) tweede en Francesco Bagnaia (Ducati) derde. – Reuters, SuperSport

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Brad Binder  |  Max Verstappen  |  Brittanje  |  Bahrein  |  Formule Een  |  Motogp  |  Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.