Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lomachenko pak Japannese vegter
Visailiy Lomachenko (regs) het in sy vorige geveg teen Teofimo Lopez (links) met ’n skouerbesering gesukkel, wat tot sy nederlaag bygedra het. Lomachenko boks hierdie naweek teen Masayoshi Nakatani. Foto: Getty Images

Die briljante Oekraïense bokser Vasiliy Lomachenko sal hierdie naweek probeer om weer sy pad na ’n wêreldtitel oop te slaan.

Lomachenko boks in Las Vegas in Amerika teen die hoogaangeskrewe Masayoshi Nakatani van Japan.

Dit sal Lomachenko se eerste geveg wees sedert hy in Oktober sy liggewigtitels van die Wêreldboksraad (WBR), Wêreldboksvereniging (WBV) en Wêreldboksorganisasie (WBO) aan Teofimo Lopez van Amerika afgestaan het.

Nakatani se enigste nederlaag in die beroepskryt was in Julie 2020 teen die einste Lopez.

“Ek het al my titels verloor. Ek moet van voor af begin en teen ’n top-aanspraakmaker baklei,” het Lomachenko aan Boxing Scene gesê.

“Ek wou nie teen sommer enigiemand boks nie. Hierdie ou (Nakatani) het Teofimo Lopez ’n harde geveg gegee, daarom het ek hom gekies.”

Nakatani het ná sy nederlaag teruggebons met ’n skitterende oorwinning in ’n opwindende geveg teen Felix Verdejo van Puerto Rico.

Die Japannese bokser is veel langer as Lomachenko. Hy is 1,82 m en Lomachenko slegs 1,70 m.

Lomachenko is voor sy nederlaag teen Lopez algemeen as een van die wêreld se tien beste pond-vir-pond-boksers beskou.

Nog ’n geveg hierdie naweek in Amerika wat die verbeelding aangryp, is die een tussen Gervonta Davis en Mario Barrios.

Dié twee junior weltergewigte pak mekaar Saterdag in Atlanta vir Barrios se WBV-titel.

Barrios meen hy sal wen omdat hy al langer as Davis in die super-liggewig-afdeling boks.

Davis was voorheen wêreldkampioen in die liggewig- en superveergewig-afdelings.

Die boksers (albei is Amerikaners) is nog onoorwonne ná 24 gevegte in die geldkryt. Davis het 23 teenstanders uitgeslaan en Barrios 17.


Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.