Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Loop die ‘Armstrong-spook’ weer?
Lance Armstrong toe hy in 2000 die Tour de France gewen het. Foto: Getty Images

Twee persone wat in hegtenis geneem is vir ondervraging weens die beweerde gebruik van opkikkers by die afgelope Tour de France, is vrygelaat.

Die Franse polisie het dié twee, wat na bewering deel van die Arkéa-Samsic-span is, in hegtenis geneem nadat wetstoepassers verlede week die hotel waar die span tuisgegaan het, deursoek het.

Ná die 17de skof is daar beslag gelê op gesondheidsprodukte, wat items insluit wat verbind kan word met die gebruik van opkikkers.

Nairo Quintana, Arkéa-Sasmic se sterryer, is ’n Colombiaan, wat tot verlede jaar deel van die Movistar-span was. Van sy vernaamste prestasies sluit in dat hy die Giro d’Italia en die Vuelta a España gewen het. Hy was ook by twee geleenthede die naaswenner van die Tour de France en het by drie ander geleenthede onder die voorste tien klaargemaak. Vanjaar was hy 17de.

Die 30-jarige Quintana, wat toegelaat is om sy eie dokter te behou toe hy by die nuwe span aangesluit het, ontken dat hy verbode middels gebruik het. Hy sê hy het vroeër ondersoekbeamptes se antwoorde met ’n “skoon gewete beantwoord”.

Nairo Quintana toe hy die 18de skof van die Tour de France in 2019 gewen het. Foto: Getty Images

Volgens Quintana, ’n bedrewe klimmer, is slegs toelaatbare vitamienaanvullings in die hotel gevind. Die kantoor van die vervolgingsgesag in Marseille het, nadat die twee persone Dinsdagaand vrygelaat is, benadruk dat die ondersoek steeds voortgaan.

Emmanuel Hubert, spanbestuurder van Arkea-Samsic, sê die ondersoek teiken “nie direk die span of sy personeel nie”.

Vir fietsry en veral die Tour de France se beeld sal dit ’n terugslag wees indien daar wel bevind word dat ryers opkikkers gebruik het.

Die sport het baie aansien verloor nadat die Amerikaner Lance Armstrong van sy sewe Tour-titels (1999-2005) weens die gebruik van verbode middels gestroop is.

Dit was egter net die oortjies van die seekoei, met ’n ryer soos Bjarne Riis, 1996 se kampioen (tans spanbestuurder van die plaaslike NTT-span), wat later erken het dat hy verbode middels gebruik het. Sy titel is egter nooit van hom weggeneem nie.

Die Sloween Tadej Pogacar (UAE) is Sondag as Tour de France-kampioen gekroon. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Tour De France  |  Ntt-Span  |  Fietsry  |  Lance Armstrong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.