Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Drama oor foto van seun in dié swemdrag

’n Australiese ma sê ’n mediaberig wat aanvoer dat ’n swemafrigter haar tienerseun as straf gedwing het om by ’n oefening ’n vroue-baaikostuum te dra, is onwaar.

Die foto van Soren Zwolsman in ’n vroue-baaikostuum. Foto: ABC

Australië se elite-swemkultuur is in die kollig sedert Madeline Groves, ’n dubbele Olimpiese medaljewenner, haar verlede week aan dié land se swemproewe vir die Tokio-Spele onttrek het vanweë die teenwoordigheid van “perverte met vrouehaat” in die sport.

Die ma van Soren Zwolsman (15), wie se ouer broer, Yannick, vandeesweek in Australië se Olimpiese proewe in Adelaide meeding, sê haar seun het self besluit om die vroue-baaikostuum te dra en is nie deur enigiemand geboelie nie.

“Almal ken Soren,” sê Monika Zwolsman. “My kinders word grootgemaak deur ’n enkelma. Hulle bekommer hulle nie oor geslagstereotipes nie.

“Soren het al voorheen rokkies skool toe aangetrek. Toe hy jonger was, het hy gereeld in rokke rondgeloop. Hy gee nie om nie. As daar iets is waarvan hy hou, sal hy dit dra.

“Daardie baaikostuum is waarskynlik sy eie swemdrag. Hoekom sou dit ’n probleem wees?”

Monika Zwolsman saam met haar seuns, Yannick (links) en Soren. Foto: Facebook

The Australian het ’n foto gepubliseer van Soren in die baaikostuum en ’n “bekommerde ouer” aangehaal wat beweer dat hy gedwing is om dit te dra “omdat hy soos ’n meisie geoefen het”.

Volgens die koerant lê die foto, wat twee jaar gelede geneem is, die “neerhalende en beledigende kultuur van swem in Australië” bloot.

Zwolsman sê die foto is ’n “wanvoorstelling” en dat haar seun, destyds 13 jaar oud, nie deur sy afrigter geboelie is nie.

Zwolsman sê sy was teenwoordig toe haar seun die spesifieke swemdrag by die Southport-swembad aan die Goudkus gedra het.

“Ons is tier-ma’s. So ewe asof ons daar sal sit en toekyk hoe iemand iets vir ons kinders sê wat ons weet hulle sal ontstel?” sê sy.

“Ons sal eenvoudig daar invlieg en aanval.”

Volgens Swem Australië is die foto “sonder die kind se toestemming” geneem.

“Swem Australië het met die ma van die betrokke kind gesels en sy is diep ontsteld dat haar kind verneder word omdat hy sy keuse van swemdrag gedra het,” sê die beheerliggaam in ’n verklaring. – Reuters

Meer oor:  Swem  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.