Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Madibaz bars Kovsies se borrel

Die Maties se netbalspan is die nuwe voorloper in die Varsitybeker-reeks.

Die Stellenbossers spog nou met 22 punte ná vier oorwinnings en een nederlaag.

Bianca Blom van die Madibaz in aksie in haar netbalspan se wedstryd teen die Kovsies Sondag in Stellenbosch. Foto: Varsity Sports

Hulle het Sondagaand in Stellenbosch die Noordwes-Universiteit (NWU) sy eerste loesing van vanjaar se kompetisie toegedien, toe hulle met 69-36 gewen het.

Die Oos-Kapenaars van die Nelson Mandela-Universiteit het vir die hoogtepunt van die reeks tot dusver gesorg.

Hulle het die Kovsies, ’n tweemalige kampioen, in ’n rillerstryd met 41-40 geklop en so die Bloemfonteiners se onoorwonne status beëindig.

Die Kovsies het met die rustyd met 21-17 voorgeloop.

Madibaz het ná die rustyd eerste punte aangeteken en stadig maar seker hul agterstand uitgewis. Sake het baie gelykop verloop totdat die Madibaz aan die einde van die derde kwart net-net voorgeloop het met 30-29.

in die laaste kwart het sake deurgaans wipplank gery, met die spanne wat mekaar geen ruimte wou gun nie. Die Oos-Kapenaars het egter sterker van die twee spanne klaargemaak om ’n roemryke sege te verseker.

Jody Vorster van die Madibaz was die mees akkurate doelskieter. Sikholiwe Mdletshe van die Kovsies is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Tuks, wat vyfde was, beweeg nou weer na die bopunt van die punteleer, nadat hulle hul buurvroue van die Universiteit van Johannesburg met 70-32 geklop het.

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het sy eerste oorwinning behaal. Hy het die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) met 74-42 geklop.

Maandag: 14:30: NWU t. Madibaz; 16:00: Tuks t. VUT; 17:30: UWK t. UJ; 19:00: Maties t. Kovsies.

Meer oor:  Netbal  |  Varsitybeker-Netbal  |  Maties  |  Varsity-Netbalreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.