Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Maer jare’ wag op Sebastian Vettel

Die Formule Een-renjaer Sebastian Vettel mag dalk ’n viermalige wêreldkampioen wees, maar dit beteken nie hy is verseker van ’n kontrak wat sy hartsbegeerte vervul nie.

Sebastian Vettel kan homself straks maar vetsmeer om van aanstaande jaar af heelwat minder te verdien. Foto: Getty Images

Vettel (32), ’n Duitser, is nou in die laaste jaar van sy ooreenkoms van drie jaar met Ferrari. Dit beloop glo €100 miljoen.

Ferrari het dit duidelik gemaak dat hy Vettel wil behou saam met Charles Leclerc. Die 22-jarige Leclerc het verlede seisoen vierde geëindig, met Vettel in die vyfde plek. En dit plaas Vettel in ’n moeilike situasie . . .

Volgens berigte is Vettel slegs ’n kontrakverlenging van een jaar aangebied. Boonop is dié kontrak in geldwaarde heelwat minder werd as waaraan hy gewoond is.

Die Duitser weet hy is tot veel beter in staat as sy effense vertoning in 2019, maar met die huidige seisoen wat weens die Covid-19-pandemie nog nie kon begin nie, beteken dit dat hy nog nie sy ware kleure kon wys nie.

Leclerc is tot 2024 by Ferrari gekontrakteer.

* Intussen berig planetf1.com dat Vettel hom ná sy dae as renjaer straks as meganiese ingenieur kan bekwaam.

“Voordat ek my loopbaan as beroepsryer begin het, nadat ek hoërskool klaargemaak het, was my plan om universiteit toe te gaan en meganiese ingenieurswese te studeer. So, dit is waarskynlik iets waaraan ek kan dink,” sê Vettel. – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Sebastian Vettel  |  Charles Leclerc  |  Formule Een  |  Ferrari
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.