Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Maerder Ruiz uiteindelik weer in kryt

Andy Ruiz, die mollige Mexikaanse bokser wat twee jaar gelede die bokswêreld geskok het toe hy Anthony Joshua as kampioen onttroon het, gaan uiteindelik weer aan ’n geveg deelneem.

Andy Ruiz, hier in aksie teen Anthony Joshua in Diriyah, gaan in April uiteindelik weer aan ’n boksgeveg deelneem. Foto: Getty Images
Chris Arreola kan wild raak in die bokskryt, soos Jean Pierre Augustin hier agterkom. Foto: Getty Images
Op onlangse foto’s lyk dit of Andy Ruiz so ’n bietjie gewig verloor het. Foto: Getty Images

Ná Ruiz se oorwinning oor Joshua in Junie 2019 het hy in Desember dieselfde jaar in ’n herontmoeting met Joshua met punte verloor.

Sedertdien het hy maar laag gelê, behalwe om nou en dan by ’n restaurant op te daag en homself aan kos te vergryp.

Ruiz het egter nou in Eddy Reynoso ’n nuwe afrigter en hy oefen glo dat dit klap.

Hy gaan op 24 April weer in die bokskryt klim, nogal teen Chris Arreola.

Arreola is ook van Mexikaanse afkoms en hoewel sy loopbaan einde se kant toe staan, word hy as een van die rowwer kalante in die swaargewig-afdeling beskou.

In sy laaste geveg in Augustus 2019 het hy en Adam Kownacki van Pole mekaar omtrent met allesbehalwe die krytaankondiger se mikrofoon geslaan.

Dis nog nie bekend waar presies die geveg gaan plaasvind nie.

Meer oor:  Boks  |  Andy Ruiz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.