Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Man wat voor renperde inloop swaar gestraf
’n Skermgreep wys hoe die jokkies en hul perde moes uitswaai om die man nie te tref nie.

Die man wat Saterdag in die middel van ’n perdewedren voor aanstormende perde op die resiesbaan gestap het, word deur ’n lewenslange skorsing in die gesig gestaar.

Toeskouers het verstom toegekyk toe die man by die Wellington Cup-byeenkoms in Nieu-Seeland oor drie heinings spring en hande in die lug op die resiesbaan stap. Jokkies moes woes uitswaai om te keer dat hul perde hom nie onderstebo hardloop nie.

Die man is in hegtenis geneem en Stuff berig hy verskyn Donderdag in die Hutt Valley-distrikshof op aanklag daarvan dat hy die publiek se veiligheid in gevaar gestel het.

James Dunne, regsverteenwoordiger vir Nieu-Seeland se Thoroughbred Racing-beheerliggaam, sê die skorsing sal geld sodra die hofverrigtinge afgehandel is. Die beheerliggaam bestuur 65 perdewedren- en jokkieklubs en 52 resiesbane.

“Ons beskou die voorval in ’n baie ernstige lig. Hy kan verwag om lewenslank geskors te word van alle klubs oor die land heen,” sê Dunne.

“Sy naam en foto sal na al ons klubs gestuur word en ook met sommige van ons internasionale vennote gedeel word.”

Volgens Dunne het die man nie net sy eie lewe in gevaar gestel nie, maar ook die van die jokkies en perde.

“Dit is slegs te dankie aan geluk en die jokkies se vaardighede dat ’n tragedie vermy is,” sê hy.

Dié foto van die voorval is deur ’n ooggetuie geneem.

Wayne Guppy, burgemeester van Upper Hutt en president van die Wellington-perdewedrenklub, sê besoekers se veiligheid is in gevaar gestel omdat onthutste perde se gedrag onvoorspelbaar is.

“Jy het diere wat 500 kg weeg wat teen 60 km/h hardloop. Om voor hulle in te hardloop gaan die verstand te bowe,” sê hy.

“Kyk, as iemand besluit om oor drie heinings te spring en ons wagte te vermy . . . Daar is net soveel onnoselheid waarteen ons kan waak.” – Sportredaksie

Meer oor:  Perdesport  |  Jokkies  |  Perdewedren  |  Perdry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.