Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mans en vroue deel boerpot by SA muurbal

Muurbal Suid-Afrika het bekend gemaak dat die mans en vroue se prysgeld dieselfde gaan wees met die nasionale kampioenskap wat in Oktober in Pretoria gehou word.

Die kampioenskap word van 15 tot 17 Oktober in die Brooklyn-winkelsentrum gehou.

Die boerpot van R180 000, die grootste bedrag wat Muurbal Suid-Afrika tot dusver tot sy beskikking gehad het, sal in twee verdeel word onder die mans en die vroue wat in die hooftrekking betrokke is.

Jennifer Sawyer Foto: BLD

Die onderskeie wenners van die agt streektoernooie vooraf gaan in Pretoria in aksie wees.

Daardie toernooie word van 8 tot 11 Oktober gespeel met

Bloemfontein, Kaapstad, Durban, Johannesburg, Pietermaritzburg, Port Elizabeth, Potchefstroom en Pretoria die gasheerstede.

Jennifer Sawyer, waarnemende president, sê hulle het gevoel dit is die regte ding om die prysgeld gelykop te verdeel en dat die borg hom ook daarvoor beywer het.

“Ons sal probeer om alle toernooie landwyd dieselfde voorbeeld te laat volg, en ons hoop dat dit die katalisator vir verandering sal wees.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Muurbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.