Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Marc is lus vir Duitse ‘links, links’
Marc Márquez
Marc Márquez Foto: Reuters

Marc Márquez (Repsol Honda) hoop vandag se Duitse MotoGP is die regte platform vir die loodsing van sy terugtog podium toe.

Die beseerde Spanjaard kan sekerlik nie verwag om te wen nie, maar sy vyfde wegspringplek is die beste in ’n baie lang tyd. Hy begin ook al hoe meer “wedstrydfiks” word en het byvoorbeeld twee weke gelede tydens toetssessies in Spanje op een dag 87 rondtes afgelê.

Die Sachsenring in Duitsland is nie net een van die kortste bane nie, maar daar is ook drie keer meer linker- as regterdraaie (nege vs. drie). Volgens Márquez beteken dit sy beseerde regterarm behoort hom minder te belemmer. Hy het gister tydens die laaste kwalifiseringsessie gou-gou die vinnigste tyd opgestel, maar is later tot vyfde gerangeer.

Johann Zarco (Pramac Ducati) spring voor weg. Hy het ’n stokkie gesteek voor sy Franse landgenoot Fabio Quartararo (Monster Yamaha) se doelwit om sy sesde agtereenvolgende touleier-plek te behaal.

Quartararo spring tweede weg en Aleix Espargaro (Aprilia) is die derde jaer op die voorste ry.

Quartararo, die kampioenskapsvoorloper en steeds gunsteling om vandag te wen, se plan om op die laaste rondte sy beste tyd aan te teken, is deur verkeersknope in die wiele gery.

Talle jaers is daardeur beïnvloed soos die manne oor hul eie voete geval het in ’n poging om een blitsrondte in te kry.

Die ander Yamaha-jaers het ’n veel droewiger dag beleef.

Valentino Rossi spring 16de weg, Franco Morbidelli 18de en Maverick Viñales 21ste.

Brad Binder (Red Bull KTM) het darem beter as hulle almal gevaar en 13de gekwalifiseer.

Meer oor:  Terugkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.