Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Maties, Pukke bult spiere in netbalreeks

Net so maklik soos dit was om twee Keniaanse wenners in die Kaapstad-marathon te voorspel, was dit om die uitslae van Sondag se Varsity-netbalwedstryde bykans 1 500 kilometer daarvandaan in Pretoria reg te raai.

Siphosethu Kilani van die Madibaz wen balbesit in haar netbalspan se Varsitybeker-wedstryd Sondag teen die Kovsies in Pretoria. Foto: Saspa | Christiaan Kotze

Daar was geen verrassings op die eerste middag van die naweek se propvol program op die Tuks-kampus nie.

Die Maties het min moeite ondervind om hul Kaapse derby teen die Universiteit van Wes-Kaapland met 76-22 te troef.

Tshwane Universiteit van Tegnologie had geen raad met die Pukke van Noordwes nie. Hulle is met 77-13 platgevee.

Die Kovsies, wat die eerste keer dié seisoen ’n wegwedstryd gespeel het, het ’n oortuigende oorwinning van 70-41 oor die Oos-Kaapse Madibaz behaal.

Die Matie-doel Claudia Jarrard Sondag in aksie teen die UWK in Pretoria. Foto: Saspa | Christiaan Kotze

Die Baaienaars kon nog net twee seges behaal en sal waarskynlik nie soos verlede jaar die halfeindronde haal nie.

In nog ’n buurstryd het die Pretoriase studente die Johannesburgers in ’n eensydige kragmeting met 62-33 geklop.

Bongiwe Msomi, die Protea-kaptein, kon as die UJ-breier nog nie dié span op die wenpad kry nie. Hy het nou vyf wedstryde gespeel en almal verloor.

Chantelle Swart, hulpdoel van Tuks, het uitgeblink saam haar doel, Venetia Grobler, in hul stryd teen UJ.Foto: Saspa | Catherine Kotze

Tuks het ná die eerste kwart met 16-3 voorgeloop en met die rustyd met die telling 28-12 was daar geen twyfel oor die uitslag nie. Hulle het ná die derde kwart met 47-24 voorgeloop.

Daar is groot verwagtinge van Maandagaand se wedstryd tussen Tuks en die Kovsies.

Die Pretorianers is die voorloper op die puntelys met 25 punte ná vyf oorwinnings.

Die Maties en die Kovsies het 20 punte elk, met die Puk vierde met 17 punte.

* Maandag se program (by Tuks): 14:30: Madibaz t. TUT; 16:00: Maties t. UJ; 17:30: Kovsies t. UWK (SS 10); 19:00: Tuks t. Pukke (SS 10).

Meer oor:  Netbal  |  Varsitybeker-Reeks  |  Maties  |  Tuks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.