Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Maties, Pukke haal reeks se eindstryd

Die Maties en Pukke sal dit op 20 Mei in Stellenbosch in die eindstryd van die vrouespanne se Varsity-hokkiereeks uitspook.

Dit volg nadat die Stellenbossers vir Tukkies met 7-5 in eerste die halfeindstryd gisteraand in Potchefstroom geklop het en die gasheer die Kovsies met 5-4 geklop het.

Die Maties se Lee-Ann Louwrens het hulle vroeg met 4-0 laat voorloop met twee doele uit gebroke spel. Die Pukke was gou voor met 3-0 en het rustyd met 3-2 voorgeloop.

Shindre-Lee Simmons is met die bal in die gesig getref wat ’n groot terugslag vir die Kovsies was. Dit was steeds 3-2 met die aanbreek van die finale kwart waarin die Kovsies die voortou met die eerste kragspel met 4-3 geneem het. Carli Pretorius se strafdoel van die kolletjie in die laaste minuut het die Pukke met 5-4 laat seëvier. – Johann de Jager

Meer oor:  Hokkie  |  Pukke  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.