Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Maties voel druk voor eindstryd

Die vroue-hokkiespan van die Maties sal hoop dit is môre derde keer skeepsreg wanneer hulle die Pukke in die eindstryd van die Varsitybeker-hokkietoernooi in Stellenbosch aandurf.

Die vorige keer dat die Maties se vroue die toernooi gewen het, was in 2013. Sedertdien het hulle in twee eindstryde gespeel – maar hulle moes albei kere met die tweede plek tevrede wees.

Carli Pretorius was dié seisoen Pukke se grootste doelevraat.Foto: Tyler Walker

Die Stellenbossers se oorwinning in 2013 was juis teen die Pukke, maar die studente van Potchefstroom sal môre tog voel hulle het ’n sielkundige voordeel oor hul teenstanders, aangesien hulle die Maties vroeër in die groepfase van die reeks met 2-1 geklop het. Tog het albei ná die groepfase met 15 ligapunte elk geëindig.

“Die laaste keer dat die Maties-vrouespan die Varsitybeker-toernooi gewen het, was in 2013. Sedertien was ons in twee eindstryde, so dit sal ’n groot ding wees om die trofee te wen,” sê Paige Phillips, Maties se kaptein.

“Daar is beslis druk in ’n groot wedstryd soos die Varsitybeker-eindstryd.”

Boonop sal sewe van die Maties se spelers steeds hul nederlaag in 2017 se eindstryd onthou. Kirsten Block, Stephanie Botha, Lenta Cullinan, Lida Kotze, Aimee-Leigh Pote, Sandiswe Tabata en Phillips het almal in daardie wedstryd gespeel.

Phillips is lugtig vir die span van Potchefstroom, maar glo die tuisondersteuners sal die Stellenbossers dra.

“Die Pukke is ’n goed georganiseerde span, met ’n slim afrigtingspan.

“Hulle werk goed as ’n span en maak nie net op een of twee individue staat nie.”

Die besoekers het gewis ’n puik seisoen beleef en as dit nie vir ’n swakker doeleverskil was nie, sou hulle die eindstryd aangebied het.

Charné Maddock, Pukke se kaptein, sê dit sal altyd ’n voordeel wees om tuis te speel. Niks klop tuisveldvoordeel nie, so om die Maties in die eindstryd op hul tuisveld te pak, gaan ’n groot uitdaging wees. Tog is ons gereed vir die eindstryd, ongeag waar dit plaasvind.”

Sy sê die Maties hou ’n groot bedreiging op die aanval in.

“Hulle benut hul geleenthede. Hul sterk punt is twee individue wat hul wedstryd beheer.”

  • TV: 18:45 regstreeks op SuperSport 206 en 210. – Varsity Sports
Meer oor:  Pukke  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.