Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Max, hou jou smoel,’ sê Briatore

Die voormalige F1-spanbaas Flavio Briatore sê hy hou baie van Max Verstappen, maar het ’n paar vermanings vir die 22-jarige Nederlandse renjaer gehad.

Max Verstappen, Nederlandse F1-jaer van Red Bull en Honda. Foto: Getty Images

Verstappen het pas ’n nuwe kontrak van drie jaar met Red Bull-Honda onderteken.

Hy het in verlede jaar se Amerikaanse Grand Prix in Austin, Texas, ’n opskudding veroorsaak toe hy Ferrari van verneukery beskuldig het.

Verstappen het dié span beskuldig dat hy sy SF90-renmotor onwettig bykomende krag gegee het.

Dié aantyging is glad nie goed in die Ferrari-kamp ontvang nie en as Verstappen ooit gehoop het om later in sy loopbaan vir die Italiaanse spogspan te jaag, het hy waarskynlik daardie brûe verbrand.

Briatore sê Verstappen is talentvol, maar moet dink wat hy tydens onderhoude van ander spanne sê.

Briatore het aan Italië se Autosprint gesê die Nederlander is op die kruin van sy loopbaan en sal lank daar bly.

As Ferrari hom sy hoofjaer maak, is hy volwasse genoeg om ’n titel te wen.

“Hy is ’n goeie jaer, steek sy teenstanders dikwels verby en is een van die redes vir die gewildheid van Formule Een.

“Hy moet net leer om sy mond te hou.

“Sy stelling oor Ferrari en sy ‘kullery’ was om twee redes ’n fout: Eerstens is dit nie vir hom om sulke dinge te sê nie en tweedens was dit nie waar nie.”

Briatore het gesê hy meen die 22-jarige Charles Leclerc het die geestelike ingesteldheid om ’n wêreldkampioen te word.

Dié Ferrari-jaer word beskou as een van Verstappen se vernaamste toekomstige teenstanders.

“As Ferrari hom sy hoofjaer maak, is hy volwasse genoeg om ’n titel te wen.

“Hy is van kampioene-stoffasie gemaak. Al was Michael Schumacher en Fernando Alonso jonk, was hulle gereed om wêreldkampioenskappe te wen,” het Briatore gesê.

Die F1-seisoen begin op 15 Maart in Australië. 

– TeamTalk

Meer oor:  Charles Leclerc  |  Michael Schumacher  |  Max Verstappen  |  F1  |  Grand Prix  |  Formule Een  |  Ferrari  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.