Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Max spring voor weg ná goeie tydtoets
Welkom, nr.1! Max Verstappen parkeer sy Red Bull in die nr. 1-posisie nadat hy Saterdag in aanloop tot die Franse Grand Prix die vinnigste oefenrondte opgestel het. Foto: Getty Images

Die voorloper op die Formule Een-puntelys, Red Bull se Max Verstappen, het ná ’n verbluffende vertoning in Saterdag se kwalifiserende rondtes die eerste wegspringplek vir Sondag se Franse Grand Prix bespreek.

Die 23-jarige Nederlander het die Paul Ricard-baan van 5.8 km in een minuut 29.990 sekondes afgeblits, 0.258 vinniger as Mercedes se heersende wêreldkampioen, Lewis Hamilton.

Dié Brit is tans vier punte agter Verstappen op die puntelys, wat Sondag se tweestryd bykomende byt sal gee.

Valtteri Bottas in die ander Mercedes was derde vinnigste tydens kwalifisering, terwyl die wenner van die Baku GP twee weke gelede, Sergio Perez, die vierde wegspringposisie vir Red Bull sal beman.

Verstappen se vertoning Saterdag voorspel egter slegte nuus vir Mercedes. Hy was die enigste jaer tydens Saterdag se spoedtoets wat die baan in onder 1:30 afgeblits het.

Verstappen se vertoning Saterdag voorspel egter slegte nuus vir Mercedes. Hy was die enigste jaer tydens Saterdag se spoedtoets wat die baan in onder 1:30 afgeblits het.

Die Nederlander het so sy tweede voorste wegspringplek die seisoen bespreek en die vyfde van sy loopbaan.

Dit het ook Mercedes se oorheersing tydens kwalifiserende rondtes sedert 2018 op die Paul Ricard-baan beëindig.

Hamilton was in albei dié wedrenne eerste op die wegspringrooster en het albei gewen.

Ondanks die tweede wegspringplek sal Mercedes steeds tevrede voel ná ondergemiddelde vertonings in Monaco en Baku. - Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Max Verstappen  |  Frankryk  |  Nederland  |  Formule Een  |  Kwalifisering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.