Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Max weer ’n voetjie voor Lewis
Max Verstappen

Iets waarna Formule Een-ondersteuners al jare lank smag, is dalk net besig om kop uit te steek – ’n ware tweestryd om die kroon.

Nadat Lewis Hamilton (Mercedes) lank oorheers het, lyk dinge nou effe anders.

Hamilton moes die afgelope weke met die tweede plek op die ranglys tevrede wees en gister het Max Verstappen (Red Bull) sy neus wéér voor Hamilton gekry toe hy die vinnigste kwalifiseringstyd vir vanmiddag se Franse Grand Prix opgestel het.

Die 23-jarige Verstappen het die Paul Ricard-baan, wat 5,8 km lank is, in een minuut 29,990 sekondes afgeblits. Dit is 0,258 sekondes vinniger as Hamilton.

Die Brit is vier punte agter Verstappen nadat hy twee weke gelede op die laaste rondte ’n flater begaan het deur ’n verkeerde knoppie op sy stuur te druk.

Dit het sy remme beïnvloed, hy het van die baan gejaag en het sy eerste plek afgestaan. Hy spring vandag tweede weg, met sy Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, derde.

Sergio Perez (Red Bull), wat twee weke gelede die Azerbeidjanse Grand Prix gewen het, spring vierde weg.

Dit is sy tweede voorste wegspringposisie vanjaar en die vyfde van sy loopbaan.

Dit het ook Mercedes se heerskappy op die Paul Ricard-baan beëindig.

Franse Grandprix

Mercedes het sedert 2018, toe ’n Grand Prix die eerste keer hier gehou is, oorheers met Hamilton wat albei keer gewen het.

Gister se kwalifiseringsessie is deur twee rooi vlae ontsier nadat die Japanse groentjie Yuki Tsunoda (Alpha Tauri) in die eerste draai van die baan in ’n veiligheidsreling vasgejaag het.

Mick Schumacher (Haas), die seun van Michael, was in die 14de wegspringposisie toe hy ook ’n ongeluk gemaak het.

Maar hy het darem betyds herstel om die 15de vinnigste tyd op te stel.

Dit is die eerste keer in sy kort loopbaan dat hy die eerste kwalfiseringsessie oorleef het.

Franse Grand Prix

  • Wegspringrooster: 1. Max Verstappen (Red Bull) 1:29.990, 2. Lewis Hamilton (Mercedes) 1:30.248, 3. Valtteri Bottas (Mercedes) 1:30.376, 4. Sergio Perez (Red Bull) 1:30.445, 5. Carlos Sainz (Ferrari) 1:30.840, 6. Pierre Gasly (AlphaTauri) 1:30.868, 7. Charles Leclerc (Ferrari) 1:30.987, 8. Lando Norris (McLaren) 1:31.252, 9. Fernando Alonso (Alpine) 1:31.340, 10. Daniel Ricciardo (McLaren) 1:31.382. – Reuters
Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Formule Een  |  Max Verstappen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.