Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Max wil nog lank Red Bull drink
Die Nederlandse renjaer Max Verstappen sal nog tot die einde van 2023 met die Red Bull-kenteken op sy valhelm en renjaerspak jaag. Foto: Getty Images

Red Bull het ’n groot slag geslaan toe die begaafde jong ster Max Verstappen sy kontrak met dié Formule Een-renspan tot die einde van die 2023-seisoen verleng het.

Dié 22-jarige Nederlander het hiermee bespiegelinge beëindig dat hy hom moontlik by Mercedes kan aansluit.

Daar is druk oor Verstappen se toekoms gegis, omdat sy vorige kontrak aan die einde van vanjaar sou verstryk.

Verstappen, wie se pa, Jos, ook ’n F1-renjaer was, het in 2019 groot indruk gemaak en derde op die wêreldkampioenskap-puntelys geëindig.

Volgens hom het sy lojale verhouding met Red Bull, wat hom sy eerste kans as F1-jaer gebied het, asook die feit dat dié span die afgelope jaar met die toetrede van Honda as enjinverskaffer heelwat verbeter het, die deurslag gegee in sy besluit.

Nóg een van F1 se jong Turke, Charles Leclerc, het oor die Kerstydperk ook ’n langtermyn-kontrak met Ferrari gesluit. – TeamTalk

Meer oor:  Max Verstappen  |  Red Bull  |  Formule 1-Ren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.