Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mayweather gaan glo teen YouTuber boks
Logan Paul (regs) gaan glo voor die einde van die jaar teen Floyd Mayweather boks. Hier boks hy teen KSI teen wie hy verlede jaar met punte verloor het. Foto: Gatty Images

Floyd Mayweather gaan glo voor die einde van die jaar in ’n vertoongeveg teen die YouTuber Logan Paul in ’n vertoongeveg boks.

Mayweather en Paul moet die kragmeting nog self bevestig, maar verskeie internet-persoonlikhede – onder wie die sport-ontleder Pat McAfee, die joernalis Mike Feinberg en die YouTuber Keemstar – het Woensdag laat weet dat dit wel gaan plaasvind.

Paul (25) is ’n omstrede figuur, wat gereeld weens sy bisarre optrede in die nuus is.

Die voormalige bokskampioen Floyd Mayweather kan maar net nie uit die nuus bly nie. Foto: Getty Images

Hy het byvoorbeeld al beeldmateriaal van ’n man wat homself opgehang het op sy YouTube-kanaal vertoon.

’n Ander keer het hy gewys hoe hy twee dooie rotte met ’n Tazer skiet.

Paul het in 2018 gelykop teen die Britse YouTuber KSI in ’n amateurgeveg geboks.

Verlede jaar het hy en KSI mekaar toe weer in ’n beroepsgeveg in Staples Center in Kalifornië gepak, met KSI wat met punte gewen het.

Mayweather het laas in 2017 ’n (soort van) ware geveg gehad toe hy die Ierse gemengde gevegskunstenaar Conor McGregor pak gegee het.

Twee jaar gelede het hy die Japanse skopbokser Tenshin Nasukawa in ’n belaglike kragmeting uitgeslaan.


Meer oor:  Boks  |  Youtube  |  Floyd Mayweather
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.