Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mayweather se dogter opgesluit
Floyd Mayweather se dogter, Iyanna, het blykbaar haar pa se kort humeur geërf. Foto: Instagram

Die voormalige wêreldbokskampioen Floyd Mayweather se 19-jarige dogter, Iyanna, volg skynbaar in haar pa se voetspore wanneer dit by omstredenheid kom.

Iyanna is volgens TMZ Sports Saterdagaand deur die polisie in hegtenis geneem nadat sy na bewering ’n ander vrou met twee messe aangeval het.

Sy bevind haar in die Harris County-tronk in Houston in die Amerikaanse deelstaat Texas.

Floyd Mayweather was self al ’n paar keer in die sop oor sy humeurige gedrag buite die kryt. Foto: Getty Images

Blykbaar het Iyanna by die kletsrymer NBA Youngboy (sy regte naam is Kentell DeSean Gaulden) se huis opgedaag.

Youngboy was besig om saam met ’n ander vrou, Lapattra Lashai Jacobs, te kuier.

Iyanna het Jacobs toe in geen onduidelike taal vertel sy is Youngboy se meisie en dat Jacobs die pad moet vat.

Jacobs was nie daarvoor te vinde nie en het Iyanna glo aan die hare begin rondgeruk. Die konfrontasie het kombuis toe geskuif waar Iyanna twee groot messe in die hande gekry het.

Tot Jacobs se skok en verbasing het sy haar binne enkele sekondes op die vloer met twee meswonde bevind.

Jacobs is in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

In sy boksdae was Mayweather self al ’n paar keer in die moeilikheid oor sy kort humeur. Die polisie moes hom vasvat ná hy een van sy voormalige meisies aangerand het.

Youngboy en die polisie ken mekaar ook goed. Hy en sy maats het ’n gewoonte om hul vuurwapens in die openbaar af te vuur.

Die 20-jarige kletsrymer, wat bekend is vir liedjies soos “Valuable Pain”, het as ’n kind sy nek gebreek toe hy gestoei het en moes lank met ’n nekstut rondloop.

Die NBA-afkorting in sy naam staan vir Never Broke Again.

Die kletsrymer NBA Youngboy hou daarvan om hom as ’n tawwe tienie voor te doen. Foto: Getty Images

Meer oor:  Boks  |  Floyd Mayweather
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.