Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mayweather pak YouTuber in bokskryt

Francois van Coke en Derick Hougaard se vertoongeveg die afgelope naweek kan seker deur plaaslike volgelinge van bekendes en hul streke as ’n tipe voorloper vir die naweek se kragmeting tussen Floyd Mayweather en Logan Paul beskou word.

Mayweather, een van die beste boksers van alle tye, het om die een of ander duistere rede besluit om Sondag in Miami in ’n vertoongeveg teen die YouTuber Logan Paul te boks.

Paul het hom vir maande gekoggel en Mayweather het eindelik ingegee.

Hierdie twee ouens praat meer nonsens in een gesprek as wat die meeste mense in ’n week kan. Floyd Mayweather en Logan Paul. Foto: Getty Images

“Dis nie ’n vertoongeveg nie. Dis ’n geveg oor agt rondes van drie minute elk. Ek gaan hom uitslaan en dan gaan ek hom nie ’n herontmoeting gee nie. Hy weet nie saam met wie hy in die kryt klim nie,” het Paul aan Boxing Scene gesê.

Carl Frocht, ’n voormalige supermiddelgewig-wêreldkampioen, sê Mayweather behoort “veels te goed” vir Paul te wees.

“Maar dis opwindend, want Logan Paul is so groot. Mayweather boks al vir so lank nie meer nie en ’n mens wonder of hy nie sy beeld gaan skade berokken nie as hy dalk teen ’n YouTuber gaan staan en verloor.” – SkySports

Meer oor:  Francois Van Coke  |  Boks  |  Floyd Mayweather  |  Logan Paul  |  Derick Hougaard
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.