Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
McLaren sluit kontrak met 13-jarige renjaer

Die McLaren Formule Een-span het ’n langtermynkontrak met die Amerikaanse renjaer Ugo Ugochukwu (13) gesluit om hom te ondersteun terwyl hy in die junior kategorieë van motorsport meeding.

McLaren glo ’n blink toekoms in motorsport wag op Ugo Ugochukwu (13). Foto: Twitter/McLarenF1

Ugochukwu, wat in New York gebore is, het verlede jaar die FIA se Europese OKJ-snortjorkampioenskap gewen nadat hy drie titels in die VSA verower het.

“Ons het Ugo se vordering met belangstelling gevolg, so toe ons die geleentheid kry om ’n ooreenkoms met hom te sluit, het ons nie gehuiwer nie,” sê Zak Brown, grootbaas van McLaren Racing.

“Nou sal ons daarop fokus om Ugo die regte ondersteuning te gee sodat hy sy volle potensiaal kan bereik.”

McLaren se bekendste junior aanwins is die Brit Lewis Hamilton, nou ’n wenner van sewe F1-wêreldtitels. Hamilton is ook op 13-jarige ouderdom betrek. Hy het in 2007 sy F1-buiging gemaak.

Hamilton het sy eerste wêreldtitel in 2008 saam met McLaren verower en in 2013 die skuif na Mercedes gemaak.

“Ek voel geëerd om so vroeg in my loopbaan deur so ’n ikoniese span soos McLaren Racing raakgesien te word. Dit is fantasties om hul ondersteuning te kry en dis iets waarvan enige jong renjaer droom,” sê Ugochukwu.

– Reuters

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Zak Brown  |  Mclaren  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.