Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mediese data van VSA-atlete gepubliseer
Serena en Venus Williams by die Olimpese Spele in Rio. Foto: Getty Images

Kuberkrakers het vertroulike mediese data van ’n handvol hoëprofiel Amerikaanse atlete onder wie die tennisspelers Serena en Venus Williams asook die gimnas Simone Biles, gepubliseer.

Wada, die wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels, het die kuberkrakers as ’n Russiese groep, wat as Fancy Bear bekend staan, geïdentifiseer. Die groep het toegang verkry tot die data oor “Vrywaring vir terapeutiese gebruik”. Dié vrywaring laat die atlete toe om verbode middels weens mediese redes te gebruik.

Die data van die Amerikaners, wat ook die van die basketbalspeler Elena Deelle Donne insluit, is Dinsdag aanlyn gepubliseer.

Die dokumente bevat beweringe dat Serena Williams toestemming gekry het vir die  gebruik van  anti-inflammatoriese middels – medikasie wat oor die algemeen gebruik word om spierbeserings te behandel. Biles het glo Ritalin gebruik om haar ADHD te behandel.

Daar was ook dreigemente dat nog meer inligting gepubliseer sal word.

Die groep voer aan dat die data wat gelek is, bewys dat die atlete die reëls teen die gebruik van verbode middels oortree het.

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) en die Amerikaanse agentskap teen die gebruik van verbode middels (Usada) sê dit bewys die teendeel.

Die gimnas Simone Biles. Foto: Getty Images

“Trouens, in elk van die gevalle, het die atlete alles korrek volgens die wêreldreëls gedoen om toestemming te kry om die nodige medikasie te gebruik,” sê Travis Tygart, Usada se uitvoerende hoof, in ’n verklaring.

“Die kuberkrakers se afknouery van onskuldige atlete is lafhartig en gemeen.”

Die IOK het ook die aanval veroordeel en bevestig “dat die betrokke atlete nie reëls teen die gebruik van verbode middels oortree het tydens die Olimpiese Spele in Rio nie.”

Nadat die inligting bekend gemaak is, het Biles gesê sy gebruik al lank medikasie vir aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD) en dat sy nog altyd die reëls nagekom het.

Die basketbalspeler Elena Deelle Donne. Foto: Getty Images

Die groep kuberkrakers het Wada vroeër vanjaar geteiken en inligting oor die Russiese atleet Yuliya Stepanova bekend gemaak. Stepanova het vroeër getuienis gelewer wat bewerings van wydverspreide opkikkergebuik in Russiese sport staaf.

Rusland se baan-en-veldatletiekspan is verbied om aan die Spele in Rio deel te neem.

Die Russiese president, Wladimir Poetin, het ontken dat die regering enige aandeel in die opkikkerskandaal het en het die aantygings as polities gemotiveerd bestempel.

“Wada veroordeel die voortdurende kuberaanvalle wat uitgevoer word in ’n poging om Wada en die wêreldwye teenopkikkerstelsel te ondermyn,” het Olivier Niggli, direkteur-generaal van die agentskap, in ’n verklaring gesê.

“Wetstoepassingsowerhede het Wada ingelig dat die aanvalle se oorsprong in Rusland is.”

– Bloomberg, Sportredaksie

Meer oor:  Spele  |  Rio  |  Kuberkrakers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.