Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
(Meeste) F1-renjaers kniel vir BLM

Veertien van die 20 renjaers in Sondag se Oostenrykse Grand Prix het vooraf gekniel om hul ondersteuning vir die wêreldwye Black Lives Matter-veldtog te wys.

Ses jaers – Charles Leclerc , Max Verstappen, Antonio Giovinazzi, Daniil Kvyat, Carlos Sainz en Kimi Raikkonen – het egter staande gebly.

    F1
    Van die renjaers kniel voor die Oostenrykse Grand Prix begin. Foto: Reuters

    Die heersende wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het ’n hemp met die woorde ‘Black Lives Matter’ op gedra. Ander was in swart hemde met die woorde ‘End Racism’.

    Leclerc en Verstappen was die eerste twee jaers wat gesê het hulle sou nie kniel nie.

    Leclerc het gesê sy besluit was gebaseer op die feit dat dit “as omstrede beskou kan word in sommige lande” om te kniel.

    “Wat saakmaak is feite en gedrag in ons daaglikse lewens, eerder as formele gebare,” het hy bygevoeg.

    “Ek sal nie kniel nie, maar dit beteken nie ek is minder toegewyd tot die stryd teen rassisme as ander nie.”

    Verstappen het gesê: “Ek is baie toegewyd tot gelykheid en die stryd teen rassisme. Maar ek glo almal het die reg om hulself uit te druk op ’n tyd en wyse wat hulle pas.” BBC, Sportredaksie

    Meer oor:  F1  |  Formule Een  |  Black Lives Matter  |  Rassisme  |  Blm  |  Oostenrykse Grand Prix
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.