Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Meintjes gaan speke in Vuelta laat sing

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Louis Meintjes sal Saterdag in Spanje aantree vir sy sesde deelname aan die Vuelta a España.

Louis Meintjes neem van Saterdag af aan die Vuelta a España deel. Foto: Getty Images

Meintjes is Maandag in Dimension Data se span van agt ryers ingesluit. Die Vuelta word saam met die Tour de France en die Giro d’Italia as fietsry se drie groot toere beskou.

Die 27-jarige boorling van Pretoria het laat in Julie sy terugkeer na mededingende fietsry gemaak toe hy aan die Adriatica Ionica-toer in Italië deelgeneem het. Dit nadat hy twee maande op die krukkelys was met ’n gebreekte polsgewrig.

Voor daardie besering het Meintjes effens met sy peil gesukkel en kon nie voortbou op 2016 en 2017 se Tour wat hy albei in die agtste plek voltooi het nie.

Meintjes, ’n goeie klimmer, het in die verlede goeie sukses in die Vuelta behaal. Hy was in 2015 10de en in 2017 12de, voordat hy in 2018 ’n effense teleurstellende 58ste was.

Die res van Dimension se span vir die Vuelta bestaan uit Ben King, Edvald Boasson Hagen, Amanuel Ghebreigzabhier, Ben O’Connor, Nicholas Dlamini, Rasmus Tiller en Jaco Venter.

Saterdag se eerste skof is ’n spantydtoets oor 13,4 km tussen Salinas de Torrevieja en Torrevieja. – Sportredaksie

Meer oor:  Fietsry  |  Louis Meintjes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.