Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Meintjes op krukkelys ná ongeluk in VSA

Die beseringspook wil die Suid-Afrikaanse fietsryer Louis Meintjes maar net nie uitlos nie.

Louis Meintjes in Februarie in die Algarve-toer in Portugal. Foto: Getty Images

Dié 27-jarige ryer van die Dimension Data-span is terug in die siekeboeg nadat hy Woensdag in die vierde skof van die Kaliforniese Toer in Morro Bay geval en sy polsgewrig gebreek het.

Die ongeluk wat sy deelname kortgeknip het, het net sowat 3 km voor die einde van die skof plaasgevind. Dit het ’n groot aantal deelnemers, waaronder die algehele voorloper, Tejay van Garderen, geraak.

Meintjes het wel terug op sy fiets geklim en die skof voltooi, maar is onmiddellik daarna deur die Dimension Data-spandokter ondersoek en na die hospitaal geneem. Luidens ’n verklaring deur die span sal hy ’n handspesialis in Hamburg gaan spreek vir verdere behandeling.

Sy onttrekking in Kalifornië is die jongste in ’n lang lys terugslae vir die Rustenburg-boorling.

Meintjes het minder as drie weke gelede teruggekeer na fietsry nadat hy herstel het van ’n liesbesering wat hy in Maart in die Paris-Nice-fietstoer opgedoen het.

Hy het ook in 2018 weens siekte onttrek aan die Giro d’Italia, wat sy hooffokus vir 2018 was.

Dit het die afgelope paar dae goed met Meintjes gegaan in die Kaliforniese Toer. Hy was ná Woensdag se vierde skof algeheel net 48 sekondes agter Van Garderen in die 22ste posisie.

Die Suid-Afrikaner se hooffokus vanjaar is die Tour de France, waarin hy in 2016 en 2017 algeheel agtste geëindig het, en die naasbeste jong jaer was.

Die Tour de France begin oor 50 dae, op 6 Julie in Brussel, België.

Meer oor:  Fietsry  |  Louis Meintjes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.