Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Meisie (15) trap 1 200 km in 7 dae

’n 15-jarige meisie in Indië wat meer as 1 000 km met haar beseerde pa saam met haar op haar fiets gery het om hom by die huis te kry, is vir ’n proeftydperk na haar land se fietsryfederasie genooi.

Jyoti Kumari het in sewe dae 1 200 km getrap om haar en haar pa, Mohan Paswan, van Gurugram naby Nieu-Delhi na hul tuiste, ’n gehuggie in die noordoostelike staat van Bihar te neem, berig Sport24.

Haar pa is ’n taxibestuurder wat werkloos gelaat is toe Indië soos die meeste ander lande in Maart inperkingsmaatreëls weens die uitbreek van die Covid-19-pandemie aangekondig het.

Die pa en dogter se reis op ’n gewone trapfiets het die verbeelding van die wêreld aangegryp en ook die ringkoppe van die Indiese fietsry-federasie wat in haar potensiële kampioen-materiaal gesien het.

Ook Ivanka Trump, dogter van pres. Donald Trump, was op Twitter vol lof vir Kumari.

Skaars was pa en dogter tuis, of Kumari het ’n oproep gekry van Onkar Singh, die fietsry-federasie se voorsitter, wat haar na Nieu-Delhi genooi het vir ’n proeftydperk by die Indiese nasionale fietsryspan, berig The New York Times.

Die verwagting is dat Kumari sal gaan om te kyk of sy geskik is vir mededingende fietsry wanneer die staat van inperking in die land verslap is. – Sportredaksie


Meer oor:  Indië  |  Inperking  |  Covid-19  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.