Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wolff steun Lewis se stryd teen rassisme
Toto Wolff omhels Lewis Hamilton nadat die Brit die Monaco Grand Prix in 2019 gewen het. Foto: Getty Images

Toto Wolff, grootbaas van Mercedes se Formule Een-span, skaar hom agter Lewis Hamilton vir sy uitlatings oor rassisme en diversiteit in die nadraai van die burgerlike onrus in die VSA.

Hamilton, wenner van ses F1-wêreldtitels, het vandeesweek gesê hy is “heeltemal oorweldig deur woede” oor die gebeure ná die dood van George Floyd. Dié 46-jarige Afro-Amerikaanse man het op 25 Mei in polisieaanhouding gesterf nadat polisielede hom in Minneapolis, Minnesota op ’n teerstraat vasgepen het en een sy knie op sy keel gehou het.

“Lewis is ’n ondersteuner van minderheidsgroepe. Ek het baie by hom geleer,” sê Wolf volgens BBCSport.

“Hy het my eens gevra: ‘Het jy al ooit die aktiewe gedagte gehad dat jy wit is?’ Ek het vir hom gesê dat ek nog nooit daaroor gedink het nie. ‘Ek dink elke dag daaroor,’ het hy gesê.”

Hamilton, F1 se eerste swart renjaer, is diep geraak deur Floyd se dood. Die voorval het betogings oor ras en polisiewreedheid in Amerika en oorsee tot gevolg gehad.

View this post on Instagram

This past week has been so dark. I have failed to keep hold of my emotions. I have felt so much anger, sadness and disbelief in what my eyes have seen. I am completely overcome with rage at the sight of such blatant disregard for the lives of our people. The injustice that we are seeing our brothers and sisters face all over the world time and time again is disgusting, and MUST stop. So many people seem surprised, but to us unfortunately, it is not surprising. Those of us who are black, brown or in between, see it everyday and should not have to feel as though we were born guilty, don’t belong, or fear for our lives based on the colour of our skin. Will Smith said it best, racism is not getting worse, it’s being filmed. Only now that the world is so well equipped with cameras has this issue been able to come to light in such a big way. It is only when there are riots and screams for justice that the powers that be cave in and do something, but by then it is far too late and not enough has been done. It took hundreds of thousands of peoples complaints and buildings to burn before officials reacted and decided to arrest Derek Chauvin for murder, and that is sad. Unfortunately, America is not the only place where racism lives and we continue to fail as humans when we cannot stand up for what is right. Please do not sit in silence, no matter the colour of your skin. Black Lives Matter. #blackouttuesday ???

A post shared by Lewis Hamilton (@lewishamilton) on

Wolff sê: “Dit is baie moeilik vir ons om te begryp hoe moeilik dit is (vir ’n swart man) en ek is bly dat hy sy stem dik maak. Hy is een van die ambassadeurs van hierdie sport en ek dink dit is goed.”

Wolff sê hy het “as kind gesien hoe diskriminasie lyk” nadat hy ’n deel van sy jong lewe by ’n Joodse familie gebly het toe sy eie gesin moeilike tye beleef het.

“Soms is voorval nodig om die sneller te trek vir ’n massiewe golf van ondersteuning vir enige minderheid.

“Dit is goed dat Lewis, as ’n sportsuperster, hom uitlaat in ’n sport wat deur wit mans oorheers word.”

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  George Floyd  |  Toto Wolff  |  Mercedes  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.